Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Twee leef toe hul vliegtuig net ná opstyging val

Twee mans het ’n noue ontkoming gehad toe hul ligte vliegtuig sekondes nadat dit opgestyg het naby Oos-Londen neergestort het.

Die Glasair II-S FT-tweesitplekvliegtuig was blykbaar skaars 15 m in die lug toe die enjin stol en die vliegtuig val.

Die wrak van die Glasair II-S FT-tweesitplekvliegtuig wat Woensdagoggend by die Wings Park-vliegveld buite Oos-Londen neergestort het. Foto: Verskaf

Volgens Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), was die voorval Woensdag omstreeks 11:00 by die Wings Park-vliegveld buite Oos-Londen.

“Daar was twee mense in die vliegtuig en hulle is oomblikke ná die ongeluk deur paramedici behandel. Die vliegtuig is verwoes.”

Willie Pieterse, die vlieënier, en Paul Cormack, sy passasier, is in ’n hospitaal opgeneem.

Die wrak van die Glasair II-S FT-tweesitplekvliegtuig in die bosse buite Oos-Londen. Foto: Verskaf

Volgens Patrick Hill, ’n vriend van Pieterse, wat ook by Wings Park betrokke is, was die vliegtuig sowat 15 m in die lug en het teen tussen 96 km/h en 112 km/h gevlieg toe die enjin stol en die vliegtuig neus eerste grond toe val. Die neus het afgebreek.

“Albei is gelukkig dat hulle nie erger beseer is nie. Pieterse is by sy bewussyn en sterk goed aan. Cormack het ’n paar snye en wonde opgedoen.”

Volgens Hill is Pieterse een van die medestigters van Wings Park, wat bykans 12 jaar gelede op die been gebring is.

Ledwaba sê die ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

“Beamptes het reeds leidrade begin versamel.”

Meer oor:  Oos-Londen  |  Vliegtuigongeluk  |  Neergestort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.