Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Twee mans dood in ongeluk by Centurion

Twee mans, onder wie ’n chirurg van Pretoria, is Vrydagmiddag dood in ’n motorongeluk naby Centurion.

Die botsing het omstreeks 15:45 op die hoek van Wierda-weg en die R55 in Sunderland Ridge, noord van Centurion, plaasgevind.

Die ongelukstoneel naby Centurion.Foto: @crimeairnetwork/Twitter

Die name van die oorledenes is aan Netwerk24 bekend, maar word weerhou omdat die polisie dit nog nie kon bevestig nie.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Volgens Makhubele kan die polisie nie die name bekend maak nie “uit respek vir die familie”.

Die oorledenes word Saterdag in Laudium, Pretoria, begrawe.

Daar was ook twee tieners, onderskeidelik 15 en 13 jaar oud, in die oorledenes se motor.

Toe ER24 op die toneel aankom, was die twee volwassenes reeds dood. Die een volwassene was volgens die nooddiens die pa en die ander die oupa van die twee tieners.

Twee mans, waaronder ’n chirurg, is dood in dié ongeluk Vrydag. Foto: @crimeairnetwork/Twitter

Die 15-jarige, ’n meisie, is ernstig beseer en met lewensondersteuningstelsels behandel voordat sy na ’n private hospitaal geneem is.

Die 13-jarige seun is ook kritiek beseer en met ’n noodhelikopter na ’n private hospitaal geneem.

Toe ER24 op die toneel aankom, was die insittendes van die ander ligte voertuig reeds weggevoer na hospitale. Hulle toestand is nie bekend nie.

Dis nie seker wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar volgens ER24 word daar vermoed dat ’n vragmotor agter in die twee ligte voertuie vasgejaag het.

Die vragmotor was egter nie meer op die toneel met die nooddiens se aankoms nie.

Makhubele het gesê die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Dit is nie seker in watter voertuig die oorledenes gery het nie. Foto: @crimeairnetwork/Twitter


Meer oor:  Centurion  |  Sterfgevalle  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.