Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Tweede dag van betogings op R300 by Kaapstad

Die R300 in Kaapstad was Vrydagoggend vir die tweede opeenvolgende dag vir 'n tyd lank gesluit nadat betogers vroegoggend bande begin brand het.

Richard Coleman, woordvoerder van die verkeersafdeling, sê die betogers het bande op die R300/N2-wisselaar gebrand, maar die pad is intussen weer oopgestel.

"Die R300 was in albei rigtings gesluit tussen die N2-wisselaar en Jakes Gerwel-rylaan," sê Coleman.

Motoriste kon ook nie van Stock-rylaan af by die N2 aansluit nie.

Coleman sê die betogers het glo weer oor vullis en die rioolstelsel betoog.

Netwerk24 het Donderdag berig die inwoners kla oor die rioolstelsel waar hulle woon wat voortdurend verstop is en siektes veroorsaak, terwyl die vleiland en die gebied met vullis en afval omring is.

Volgens inwoners is muskiete wat uitbroei nou 'n groot probleem en hul kinders loop die ergste deur.

Die paaie is teen 07:00 Vrydagoggend oopgestel.

betoging
Betogers wat Donderdagoggend paaie met brandende bande versper het. Foto's: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  R300  |  Verkeer  |  Brand  |  Bande  |  Ontwrig  |  Motoriste  |  Betoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.