Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tweede slagoffer van botsing in Bloemfontein ‘was ’n engel’

’n Man van Roodepoort in Gauteng wat die naweek in ’n motorongeluk in Bloemfontein gesterf het, word deur vriende op Facebook as ’n engel beskryf.

Willem van Staden van Roodepoort, wat hier vir ’n foto tussen geverfde engelvlerke op ’n muur staan, is die tweede slagoffer van die grusame botsing Saterdagaand in Bloemfontein. Sy vriende beskryf hom op Facebook as ’n engel. Foto: Facebook

Willem van Staden (41) is die tweede slagoffer van ’n grusame botsing Saterdagaand tussen ’n motorfiets en ’n motor in Walter Sisulu-weg in Bloemfontein.

Die botsing het ook Franco Cloete van Bloemfontein vyf dae voor sy 20ste verjaardag geëis. Cloete het op sy motorfiets gery toe die botsing Saterdag omstreeks 22:30 gebeur het. Albei is op die toneel dood verklaar.

Van Staden, wat vroeër as ’n persoonlike assistent by die appèlhof in Bloemfontein gewerk het, het by IntegriSure in Roodepoort gewerk. Hy het die naweek in die Rosestad gekuier toe die botsing gebeur.

Adele Kruger, ’n vriendin, het hom op sy Facebook-bladsy as ’n “engel tussen mense” beskryf.

Op ’n foto pryk hy ook tussen pienk engelvlerke wat op ’n muur geverf is.

Ook Jackie Jordaan beskryf hom op Facebook as ’n engel.

Ander vriende het Van Staden, wat enkellopend was, as “ ’n spesiale, pragtige siel” beskryf wat almal altyd drukkies gegee en ondersteun het.

Sy suster, Alanda (37), sê hy sal onthou word vir sy aansteeklike lag, kwinkslae, bereidwilligheid om almal altyd te help en absolute lojaliteit aan almal in sy lewe. “Willem het voluit geleef,” sê sy.

Alanda sê selfs dié wat slegs kennisse was, sal die afwesigheid van sy invloed voel.

“Sy familie en vriende was sy prioriteit en die belangrikste vir hom was om almal gelukkig te sien.”

Hy word ook oorleef deur sy ouers, Willie en Annie, en sy grootouers.

Meer oor:  Willem Van Staden  |  Bloemfontein  |  Gru-Ongeluk  |  Slagoffer  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.