Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tweeling op Kersdag die beste geskenk

Om tweelingdogtertjies op Kersdag te verwelkom is vir dié ouers van Pretoria ’n ongelooflike Kersgeskenk.

In die Pretoria-Oos-hospitaal het Cornel (34) en Martiens (35) Barnard, ’n egpaar van Centurion, tweeling-dogtertjies in die wêreld verwelkom.

Leah (links) en Chané Barnard (regs) is op Kersdag in die Pretoria-Oos-hospitaal in Gauteng gebore. Foto: Andrea Küsel

Leah en Chané is op Kersoggend omstreeks 11:40 deur ’n keisersnee gebore.

Cornel vertel dat hulle glad nie verwag het dat dié tweetjies hul opwagting op Kersdag sou maak nie en dat hulle veronderstel was om op 3 Januarie 2018 gebore te word.

“Ek het in die vroeë ure van Kersdag begin sleg voel. Ek het toe Hellp-sindroom gekry en toe moes hulle ongelukkig uit,” sê Cornel.

“Vir my is dit ’n ongelooflike lekker Kersgeskenk,” vertel Martiens trots oor sy twee dogtertjies.

Die egpaar vertel dat die tweeling se oumagrootjie, Corrie Carr (91), dié twee “die Here se kindertjies” gedoop het, omdat hulle ’n verjaardag met die Here deel. Dié ouma het ook vroeër in haar lewe geboorte gegee aan ’n tweeling.

Chané (bo) het met geboorte 2,4 kg geweeg en Leah (onder) het 2,5 kg geweeg. Foto: Andrea Küsel
Trotse ouers. Cornel en Martiens Barnard sê hulle het glad nie verwag dat dié twee op Kersdag gebore sou word nie. Foto: Verskaf

Hoewel die babas vroeggebore is, is hulle onder omstandighede gesond. Leah het 2,5 kg geweeg en was 51 cm lank met geboorte. Chané het 2,4 kg geweeg en was 49 cm lank. Hulle is nie ’n identiese tweeling nie. Die Barnards het nog ’n tweejarige dogtertjie, Milé.

“My wense vir die toekoms vir hulle is dat hulle gelukkige kinders sal wees en dat hulle hul volle potensiaal sal bereik, dat hulle vir die Here sal lief wees en dat ons as gesin bymekaar sal kan bly,” sê Cornel.

Die tweeling was teen Dinsdagmiddag nog in die neonatale waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal.

Ubah Ahmed Mohamed en suster Marlene Booise. Foto: Verskaf

Die eerste baba in die Wes-Kaap is net ná middernag in die Lentegeur-distrikshospitaal in Mitchells Plain gebore. Ubah Ahmed Mohamed het omstreeks 00:02 die lewe aan ’n seuntjie geskenk. Sy het nog nie op ’n naam vir haar pienkvoet besluit nie.

Sy het gesê: “Om geboorte te skenk was ’n wonderlike ervaring. Dit was maklik en die personeel het my baie goed ondersteun. Al is ek ’n Moslem voel ek baie gelukkig dat my kind op so ’n geseënde dag (Kersdag) gebore is. Ek is ook dankbaar vir my baba se gesondheid.”

Popo Maja, woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, kon teen Dinsdagmiddag die getal babas wat op Kersdag in staatshospitale gebore is in vyf provinsies bekend maak. Dit is soos volg:

  • Gauteng: 389 – 214 seuns en 175 meisies.
  • KwaZulu-Natal: 87 – 47 seuns en 40 meisies.
  • Noord-Kaap: 52 – 24 seuns en 28 meisies.
  • Limpopo: 224 – 116 seuns en 108 meisies.
  • Vrystaat: 49 – 25 seuns en 24 meisies.

Hy het gesê getalle vir die ander provinsies sou so gou moontlik bekend gemaak word.

Sowat 506 babas het op Kersdag tot omstreeks 17:30 hul verskyning in sewe provinsies se staatshospitale gemaak.

Meer oor:  Tweeling  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.