Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Twitter duik Ndlozi plat ná sy Bokke-twiet
Dr. Mbuyiseni Ndlozi Foto: Daily Sun

Dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het die naweek in ’n Twitter-storm beland ná ’n twiet oor die Springbokke se oorwinning in die Wêreldbeker-eindstryd in Japan.

Terwyl die land verenig was in hul vreugde, het Ndlozi getwiet: “Geluk aan #SiyaKolisi . . . die res gaan kry jul gelukwensinge van prins Harry.”

Prins Harry, wat die eindstryd bygewoon het om Engeland te ondersteun, het die Bokke ná die wedstryd in hul kleedkamer geluk gaan wens.

Een Twitter-gebruiker het ’n foto waar Harry Kolisi gelukwens, met sy hande albei om Kolisi se hand gevou, aan Ndlozi getwiet. “Jammer om jou teleur te stel, Siya was eintlik die een wat deur die prins geluk gewens is. Gelukkig kan jy nie die res van die land vandag verdeel nie.”

Ndlozi is uit alle oorde veroordeel, selfs deur EFF-ondersteuners wat gemeen het sy reaksie was onvanpas.

Ndlozi is uit alle oorde veroordeel, selfs deur EFF-ondersteuners wat gemeen het sy reaksie was onvanpas.

Die Springbokke se oorwinning onder die kapteinskap van Kolisi is wyd op sosiale media geloof en bestempel as ’n geleentheid wat die land saamsnoer – ’n sentiment wat Kolisi self ná die Bokke se oorwinning uitgespreek het.

Teen Sondagmiddag laat was daar bykans 11 000 reaksies op Ndlozi se twiet.

Twitterati – politici inkluis – het Ndlozi gelóóp. Ander het hom gespot omdat hy “uitgevang is dat hy wel die wedstryd gekyk het”.

Hy is van “woede en bitterheid” beskuldig, en sommige het gesê dis tyd dat hy grootword. Sy twiet is onder meer as “onsmaaklik”, “onverantwoordelik” en “onnodig” bestempel.

@Zinyane LeSilo skryf: “ ’n Woordjie van raad jong man . . . daar is groter mag in vrede as in geweld. Daar is beter wysheid in opbou as in vernietiging. Daar is suiwerder leierskap in vereniging as in verdeling. Daar is meer klas in edelheid as in vulgariteit. Hoër standaarde is beter as laer instinkte.”

Ander het gemeen Ndlozi is “toksies en negatief” terwyl nog ander net een woord vir hom gehad het: “V**ts*k!”

Ander het gemeen Ndlozi is “toksies en negatief” terwyl nog ander net een woord vir hom gehad het: “V**ts*k!”

Ghaleb Cachalia, DA-LP, het gereageer met: “ ’n PhD in kleinlike rassisme,” terwyl Athol Trollip, voormalige nasionale DA-voorsitter, meer op die man af was: “Wat ’n idioot!”

Ook dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het nie doekies omgedraai nie: “Onkundige klein rassis. Foei tog.”

Ene John Gibbs het opgemerk dat die Springbokke gewen het omdat hulle rassisme op die kantlyn geskuif en na uitnemendheid gemik het. Suid-Afrika en die land kan volgens hom dieselfde doen.

Lerato wa mo Zulu het hierop gereageer: “Ons kan nie. Ons is vasgevang in wit bevoorregting en die noodsaaklikheid vir herstel. Realiteit is nie ’n rugbywedstryd nie.”

@Precious het gesê dit gaan nie net oor Kolisi nie. “Dit gaan ook oor die Bokke. Geluk span!!!”

@collen_kubayi meen die land het gewen. “Dit is swart en wit; laat ons ras hieruit hou. Dit is ’n trotse oomblik vir die land en vir die groep spelers. Dit is baie onnodig wat @MbuyiseniNdlozi hier getwiet het.”

Ndlozi het nie Sondag sy selfoon geantwoord toe hy om kommentaar genader is nie.

Meer oor:  Wereldbeker-Toernooi  |  Mbuyiseni Ndlozi  |  Eff-Woordvoerder  |  Twitter  |  Eff  |  Bokke-Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.