Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Twitter: KFC volg 6 Herbs en 5 Spice Girls

As jy een van die gewildste wegneemetekettinggroepe ter wêreld is, wie sal jy volg op Twitter?

Die ses Herbs wat KFC se amptelike Twitter rekening volg sluit onder andere in die jazz-musikant Herb Alpert, die voetbalspeler Herb Waters asook ‘n lid van Los Angeles se stadsraad, Herb J. Wesson Junior.Foto: Twitter

Dié vraag is beantwoord toe @edgette22, ’n oorsese twieter, Donderdag opgemerk het dat KFC net 11 mense op dié sosialemediaplatform volg.

In ’n komiese woordspeling op sy geheime resep van eleven herbs and spices volg KFC al die lede van die destydse Spice Girls – Geri Halliwell, Mel B, Emma Bunton, Mel C en Victoria Beckham – sowel as ses mans met die naam Herb.

Elf herbs and spices dus.

Die ses Herbs wat deur KFC se amptelike Twitter-rekening gevolg word, sluit in die jazz-musikant Herb Alpert, die Greenbay Packers-voetbalspeler Herb Waters, asook ’n lid van Los ­Angeles se stadsraad, Herb J. Wesson jr.

Dit is nie duidelik hoe lank dié Twitter-grappie reeds in die kuberruim bestaan nie, maar teen gister het altesame 295 249 mense @edgette22 se plasing hertwiet en nagenoeg 658 000 mense het daarop gereageer.

Uit vorige plasings op KFC se Twitter-tydlyn blyk dit dat kolonel Harland Sanders, die skepper van die vingerlek-hoender, self die platform bestuur, wat nogal vreemd sal wees, siende dat hy reeds in 1980 dood is

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.