Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tygerberg-hospitaal óók aan die brand

’n Brand het Vrydagaand by die Tygerberg-hospitaal in Parow uitgebreek.

Die Tygerberg-hospitaal, waar drie sale glo Vrydagaand ontruim moes word weens ’n brand in die gebou. Foto: Jonathan Lestrade

Minstens drie sale moes glo ontruim word, terwyl dik rook in die hospitaal gehang het.

Die brand volg kort ná ’n ander brand Vrydagmiddag in die teater-gedeelte van die Mitchells Plain-daghospitaal.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad, het gesê brandbestryders is net ná 18:00 uitgeroep na die brand by die Tygerberg-hospitaal.

Lees ook: Bloem: Pasiënte word geskuif toe hospitaalsaal brand

Lees ook: KYK: Brand saai verwoesting by Mitchells Plain-hospitaal

“Ons voertuie het pas daar aangekom en ons wag nog vir verdere besonderhede,” het Carelse gesê.

’n Lid van die publiek, wat by die hospitaal was, het gesê drie sale is glo ontruim.

“Dit klink asof dit ’n elektriese brand is en daar is nie vlamme nie, maar baie rook,” het die vrou gesê.

Pasiënte en personeel is veilig en word na ander hospitale vervoer.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Parow  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.