Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 vasgekeerde mynwerkers se lyke gekry

Reddingspanne het in uiters moeilike omstandighede die lyke van drie van die vier vasgekeerde mynwerkers in Orkney na die oppervlak gebring.

News24 berig James Duncan, woordvoerder van Village Main Reef (VMR), wat die Tau Lekoa-goudmyn bedryf, het bevestig die lyke is omstreeks 19:00 na bo gebring.

"Die direksie en bestuur van VMR betuig hul diepe medelye met die naasbestaandes van die mynwerkers wat gesterf het. Pogings om die laaste werker wat nog vasgekeer is te red, duur voort."

Saterdagmiddag het Masibulele Naki, streeksekretaris van die nasionale vakbond vir mynwerkers (NUM), gesê die omstandighede om die mans te bereik, is baie sleg, maar die reddingspanne werk onverpoos.

Village Main Reef se Tau Lekoa-goudmyn.
Verskaf

In daardie stadium was hulle nog vol vertroue dat die mynwerkers lewend gevind sou word. Die laaste kommunikasie met hulle was Vrydagmiddag.

Hy het gesê die myn het sedert die voorval Vrydag om 13:00 alle produksie- en bedryfsaktiwiteite gestaak.

Die vakbond kan bevestig dat een mynwerker met ernstige beserings Vrydag gered kon word, maar die ander vier mynwerkers was steeds vasgekeer ná 'n rots- en grondstorting. 

Hy het gesê die families van die vasgekeerde mans is Vrydag om 13:00 onmiddellik in kennis gestel.

“Van die gesinslede het hier by die myn opgedaag, maar ander is nog op pad omdat hulle van ver af kom. Van hulle moet van Mosambiek, Lesotho en die Oos-Kaap kom.”

* Hierdie berig is aangepas met die jongste inligting nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Tau Lekoa-Myn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.