Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Uitgeskopte Cheetahs win regsmening in

Die Cheetahs het reeds ’n regsmening oor sy uitskop uit die Pro14-reeks ingewin wat Vrydag aan die direksie voorgelê sal word.

Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, sê die direksie beraadslaag Vrydag oor die pad vorentoe.

“Die opsies is om te berus by die uitkoms van Dinsdag se Saru-vergadering of om die regsroete te volg.”

Dit volg op Saru se besluit Dinsdag om die Cheetahs uit die Pro14-reeks te skop. Die Bulle, Haaie, Stormers en Leeus sal voortaan in Europa meeding.

Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, sê die maatskappy het reeds ’n regsmening ingewin nadat Saru hom uit die Pro14-reeks in Europa geskop het. Die Cheetahs sal egter in ’n nuwe Super8-reeks kan deelneem en sy status as franchise behou. By hom is Ruan Pienaar, wat ’n groot ster in die Pro14 in Europa was voordat hy hom by die Cheetahs aangesluit het. Foto: Mlungisi Louw

Dié besluit kan die Cheetahs miljoene rande in borggeld kos.

Spelers het ook die opsie om hul kontrakte prys te gee.

Saru het die Cheetahs die “troosprys” gegee om aan die Super8-reeks deel te neem wat tussen agt spanne in Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika beslis sal word.

Verster sê Vrystaat Rugby gaan beslis met die borge vergader om te bepaal hoe aantreklik die voorgenome Superreeks vir hulle is en of hulle die Cheetahs tot die selfde mate sal ondersteun as wat die afgelope drie jaar die geval was.

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, het die spelers Dinsdagaand oor Saru se besluit ingelig.

“Hulle is vanselfsprekend teleurgesteld oor die besluit, maar vasbeslote om hul bes te lewer in die plaaslike kompetisie wat voorlê en die wedstryd Vrydag teen Griekwas.

“Ons is nie bewus van spelers wat ’n ander heenkome wil soek nie.”

Verster bedank “die hele Vrystaat” vir die ongekende ondersteuning die afgelope maand of twee. Hy dink nie enige van die ander franchises kan so ’n groot en indrukwekkende optog mobiliseer as wat Maandag in Bloemfontein die geval was nie. Honderde ondersteuners het toe ’n protesoptog op die N1 gehou.

“Boonop is dit iets wat spontaan uit die Cheetahs se geledere ontstaan het. Ek het geen twyfel dat dit hoofsaaklik bygedra het tot die besluit om die Cheetahs as ’n franchise te behou nie.”

• Die Super8-reeks gaan bestaan uit die twee topspanne in Nieu-Seeland en Australië, en een elk van Suid-Afrika, Japan, Argentinië en die Suidsee-Eilande.

Meer oor:  Cheetahs  |  Pro14-Reeks  |  Harold Verster  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.