Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Uitspraak oor Afrikaans 'n terugslag - VF Plus

Die uitspraak van die konstitusionele hof ten gunste van die nuwe taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV), wat bepaal dat Engels die enigste taal van onderrig gaan wees, is ’n groot terugslag vir moedertaalonderrig en die ontwikkeling van inheemse tale in Suid-Afrika, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Alberts sê dit is ’n hartseer beslissing aangesien een van die mees basiese menseregte hierdeur ondergeskik gestel word aan wat kosmeties politiek korrek is.

Adv. Anton Alberts. Foto: Argief

“Dit is betreurenswaardig dat moedertaalonderrig soos deur die Grondwet onderskryf, as ’n struikelblok vir rasseverhoudings gesien word en dat die grondwethof die vorige parallelle taalbeleid die skuld vir rassespanning gee,” lui sy verklaring.

Die VF Plus is van mening dat die ANC-regering die afgelope 23 jaar die geleentheid gehad het om meer universiteite te bou en ander maatreëls in plek te stel om uitvoering aan die Grondwet se bepaling te gee wat lui dat elkeen die reg het om in die amptelike taal van sy of haar keuse onderrig te ontvang.

“Die uitspraak is ook teenstrydig met die internasionale reg wat moedertaalonderrig en interne selfbeskikking met betrekking tot onder meer taal, bevorder.

“In ’n land met 11 amptelike tale moet die mediums van onderrig eerder uitgebrei word om meer tale in te sluit as om weg te neem en te verengels. Onderwyskundiges wêreldwyd is dit eens dat moedertaalonderrig akademiese prestasie bevorder,” sê Alberts.

“Maatskaplike saamklewing sal ook nooit bereik word wanneer mense se taalregte aangetas word en hulle ontneem word van die integrale boublokke wat hul identiteit vorm nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.