Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Uittog uit SAUK-raad duur voort

Nog is dit het einde niet met die bedanking van SAUK-raadslede.

eNCA het Donderdag berig Mathata Tsedu is die vierde raadslid wat bedank het.

Tsedu wou nie teenoor Netwerk24 kommentaar lewer nie.

“As ek bedank het, dan is dit die president wat daaroor moet praat,” het Tsedu gesê.

Die tussentydse raad het uitgebreide dokumente en inligting aan die SOE verskaf, insluitend geskrewe reaksies op navrae van die SOE.

Phumzile van Damme, DA-lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie, het Donderdag in ’n verklaring gesê die SAUK-raad het nou nie meer ’n kworum nie en sal reeds in Januarie nuwe raadslede moet kry.

“Prof. Hlengiwe Mkhize, voorsitter van die portefeuljekomitee oor kommunikasie, moet nou goedkeur dat die raadsposte onmiddellik geadverteer word sodat die parlement die vakatures, wat nou al agt is, dringend kan vul,” het Van Damme gesê.

Netwerk24 het die bedankingsbriewe gesien van Krish Naidoo, Khanyisile Kweyama en John Mattison wat onlangs bedank het.

Naidoo het Donderdag sy bedanking bevestig.

“Dit het baie frustrerend geraak om saam met raadslede te werk wat nie die verskil tussen korporatiewe bewind en politieke inmenging ken nie,” het Naidoo gesê.

Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF, het ’n beroep gedoen op pres. Cyril Ramaphosa om by die “krisis en uittog” van SAUK-raadslede in te gryp.

“Dit is geen geheim nie dat die probleme by die SAUK lê in die geldelike krisis wat hom in die gesig staar. “Ramaphosa en sy regering moet aan die SAUK die waarborg gee wat nodig is om betekenisvolle bedrae geld te bekom om (die korporasie) te kan stabiliseer,” het Ndlozi gesê.

Die SAUK het Donderdag in ’n verklaring bevestig dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy tussentydse raad ondersoek oor die onreëlmatige toekenning van ’n multimiljardrand-sekuriteitstender.

Dit volg nadat The Star Donderdag berig het dat die tenderskandaal na bewering ’n raadslid en ander individue by die SAUK betrek wat verseker het dat die kontrak in Junie 2017 aan Mafoko Security Patrols toegeken word, al was dié maatskappy glo die tweede keuse in die bodproses.

“Die tussentydse raad het uitgebreide dokumente en inligting aan die SOE verskaf, insluitend geskrewe reaksies op navrae van die SOE. Die SOE het sedertdien bevestig dat hy die tussentydse raad ondersoek wat (destyds) aangestel is om die kwessies wat die SAUK geteister het, op te los,” sê die SAUK in ’n verklaring.

Lebo Nare, hoof van Mafoko Security Patrols, het Donderdag gesê hy gaan nie kommentaar lewer nie “omdat die saak sub judice is”.

“Ek kan nie kommentaar lewer op sake wat voor die hof dien nie,” het hy gesê.

Nazreen Pandor, woordvoerder van die SOE, het Donderdag bevestig dat hul ondersoek goed vorder.

Meer oor:  Sauk  |  Mathata Tsedu  |  Phumzile Van Damme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.