Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Upingtonse verkeersman dood toe motor rol
Die ongelukstoneel waar ’n verkeersbeampte van Upington Dinsdagoggend vroeg dood is.

’n Verkeersbeampte van Upington is Dinsdagoggend vroeg dood toe die motor waarin hy gery het buite Keimoes gerol het.

Patrick Williams, woordvoerder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit, sê die oorledene is die 31-jarige Whill Basson. “Hy was ’n A-graad-verkeersbeampte wat benewens sy verpligtinge as verkeersbeampte by die toetssentrum gewerk het.

“Ons weet nie hoe die ongeluk gebeur het nie. Die polisie ondersoek die omstandighede.

“Die munisipaliteit betuig sy diepe meegevoel met Basson se naasbestaandes.”

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

“Die oorledene was omstreeks 02:00 in ’n ongeluk net buite Keimoes. Hy was alleen in sy motor en het na bewering van Upington na Keimoes gery. Hy het blykbaar beheer verloor en die voertuig het die pad verlaat. Hy is op die toneel dood.”

Die polisie ondersoek die oorsaak en omstandighede van die ongeluk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.