Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
UV-taalbeleid ís wettig, beslis hoogste hof
Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Jabu Kumalo

Die konstitusionele hof in Johannesburg het ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid beslis.

Die UV het in Maart 2016 ’n nuwe taalbeleid aanvaar wat Afrikaans en Engels as parallelmediums van instruksie vervang en wat Engels die primêre medium maak.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Vrydag in ’n meerderheidsuitspraak AfriForum se aansoek vir verlof om te appelleer teen ’n uitspraak van die appèlhof, wat ook ten gunste van die taalbeleid was, van die hand gewys.

Mogoeng het gesê die taalbeleid is wettig.

Die appèlhof in Bloemfontein het vroeër die universiteit se appèl teen ’n hooggeregshofbevel dat die beleidsbesluit onwettig was, bekragtig.

AfriForum en Solidariteit het aanvanklik ’n aansoek gebring om die beleid te hersien en die aanvaarding daarvan ter syde te stel.

Die universiteit se hoofrede om weg te beweeg van die parallelmedium-taalbeleid was omdat dit wit Afrikaanssprekende studente van swart studente, wat gekies het om in Engels te studeer, van mekaar geskei het. Dit is as die “onbedoelde gevolg” van die beleid beskryf en het volgens die UV tot rassespanning gelei.

Die hooggeregshof het beslis dat met die aanvaarding van die nuwe beleid, die UV daarin misluk het om die Grondwet en die hoëronderrig-taalbeleid van 2002 in ag te neem.

Die Grondwet waarborg voorkeurtaal in openbare onderwysinstellings waar dit “redelikerwys uitvoerbaar” is, terwyl die hoëronderrig-taalbeleid die behoud en versterking van Afrikaans by historiese Afrikaanse universiteite, soos die UV, onderskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.