Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
UWK-klas sal Danielle Sass ‘altyd onthou’

“Die klas van 2015 het die mooiste herinneringe van jou. Rus in vrede, Danielle.”

Danielle SassFoto: Facebook/Chevãn van Rooi

So lui die boodskap van ’n universiteitsvriend van Danielle Sass, die regstudent van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), wat Vrydagmiddag ná ’n ongeluk Woensdag op die N2 gesterf het.

“Ons is die een dag nog hier en maak herinneringe saam; die volgende dag sit ’n mens met net die herinneringe. My innige simpatie aan Danielle se familie. Hoe berei ons ons ooit hierop voor?” vra haar vriend, Chevãn van Rooi, op Facebook.

Na wat verneem word, was sy alleen in die voertuig toe die ongeluk Woensdagoggend naby die R300-afrit gebeur het. Die vermoede bestaan dat dié finalejaarstudent se voertuig met klippe bestook is en dat sy beheer daaroor verloor en dit glo omgeslaan het. Die verkeersafdeling kon dit egter teen Maandag nog nie bevestig nie.

Haar skootrekenaar, selfoon en beursie is na bewering op die toneel gesteel.

Haar skootrekenaar, selfoon en beursie is na bewering op die toneel gesteel.

“Dit is met hartseer en rou dat die universiteit van Danielle se afsterwe verneem. Die universiteitsgemeenskap wil sy innige meegevoel met haar familie en vriende betuig en dink aan hulle in hierdie moeilike tyd,” sê prof. Vivienne Lawack, visekanselier van UWK.

Sass se pa, Denzil, is ’n senior staatsaanklaer in Somerset-Wes en haar ma, Sonja, ’n onderwyseres van die Gordon High School.

Sass en haar jonger broer, Reece, was leerlinge van die Hoërskool Hottentots-Holland tussen die Strand en Somerset-Wes.

Mariaan Engelbrecht skryf op Facebook: “Ek is nou so geskok, want sy was in my klas toe sy gr. 4 was. Sy was ’n pragtige kind van binne en buite, wat nie ’n vlieg sou seermaak nie. Dat sy op so ’n tragiese wyse moes sterf, is baie hartseer. Rus sag, my kind, en sterkte aan jou ouers en familie.”

Meer oor:  Student  |  Motorongeluk  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.