Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
V&A open sy nuwe, breër swaaibrug
Dan Plato (links), burgemeester van Kaapstad, open die nuwe opgegradeerde swaaibrug by die V&A Waterfront.

Die nuwe V&A Waterfront-swaaibrug is Donderdag amptelik deur Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, geopen.

Die opgegradeerde swaaibrug vervang die vorige voetgangerspad wat die hawehoofgebied met die kloktoringgebied verbind het.

Plato sê die V&A Waterfront is een van die sentrale plekke waar inwoners en toeriste uitstappies, bootritte, kulturele ervarings, inkopies en vermaak kan geniet.

“Ek is bly om te sien die V&A Waterfront se bestuur belê steeds in die ruimte. Dit ondersteun sy groeiende gewildheid en dra by tot die stad se ekonomiese groei en prestasie. Die V&A Waterfront is een van die eerste plekke wat toeriste besoek en dit is ook gewild onder Kapenaars, wat ’n wêreldklasruimte en -landskap wil geniet,” sê Plato.

Die nuwe opgegradeerde swaaibrug by die V&A Waterfront.

Die V&A Waterfront is een van die bekendste bestemmings in Afrika. Sedert Januarie het bykans 900 000 mense van die vorige brug gebruik gemaak, wat beteken meer as 150 000 besoekers gebruik die brug elke maand. Die oorspronklike swaaibrug is in 1997 ontwerp en gebou, maar vanweë ’n toename in besoekersgetalle het die behoefte ontstaan vir ’n brug wat meer voetgangers kan akkommodeer.

Die nuwe brug is ook 42 m lank, maar is teen 4 m dubbeld so breed as die ou brug met ’n balk in die middel om skeiding in die rigting van die voetverkeer aan te moedig. As dit nodig is, kan die brug weggeswaai word om skepe na die see toe deur te laat. Die nuwe brug kan in ’n windsnelheid van tot 60 km/h werk en kan die impak van ’n verbygaande vaartuig weerstaan.

David Green, uitvoerende hoof van die V&A Waterfront, sê sedert die dag waarop die swaaibrug in Desember 1997 geopen is, het dit ’n onweerstaanbare aantrekkingskrag.

Meer oor:  Dan Plato  |  V&A Waterfront  |  Kaapstad  |  Swaaibrug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.