Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vaaldam: Man steeds vermis

Daar is nog geen spoor van die vermiste Bradley Coetzee (19), wat Vrydag laas naby Oranjeville by die Vaaldam gesien is nie.

Konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê Coetzee is Saterdagoggend as vermis aangemeld.

Bradley Coetzee Foto: Verskaf

Rani sê die polisie soek oral na Coetzee omdat hulle steeds met ’n voorlopige ondersoek besig is.

Die polisieduikers soek in die water omdat dit is waar hy laaste gesien is.

Natasha Jones, ’n vriendin van die Coetzee-familie, sê op Facebook Coetzee het Vrydag omstreeks 18:30 ’n roeibootjie gebruik om sy vislyn die water in te vat.

Coetzee se een skoen en die boot is deur ’n soek- en reddingspan gevind.

Jones sê almal bid vir ’n wonderwerk en dat Coetzee veilig sal wees.

Coetzee is volgens inligting van die Pink Ladies 1,8 m lank en skraal gebou. Hy het ’n litteken van ’n operasie in sy nek en ’n tatoeëermerk op sy rug.

Hy het ten tye van sy verdwyning ’n denimbroek en baadjie met ’n wit hemp aangehad.

Meer oor:  Bradley Coetzee  |  Konst. Josephine Rani  |  Vaaldam  |  Oranjeville  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.