Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vaaldam nou by halfpad-merk

Die watervlak van die Vaaldam staan nou op 50%.

Die Vaaldam is nou 50% vol. Foto: Argieffoto

Dit is heelwat meer water as die 46,1% waarop dit verlede week dié tyd was.

In die oorstemmende tydperk in 2018 was die dam se watervlak egter op 74,9%.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê die Vaaldam is deel van die geïntegreerde Vaalrivierstelsel. Hy sê die goeie styging kom ná goeie reën wat die afgelope weke oor Mpumalanga en die Vrystaat geval het.

Die Vaaldam verskaf hoofsaaklik water aan Gauteng, maar ook die Vrystaat en Mpumalanga.

Ratau sê die groot daling in vergeleke met verlede jaar is weens verskillende faktore. Dit sluit in klimaatsverandering, laat reën en die hoë temperature.

“’n Mens moet ook in gedagte hou dat Gauteng baie mense het en dit gaan gepaard met hoë waterverbruik,” sê Ratau.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarskuwings uitgereik vir swaar reën en oorstromings in Noordwes. Ratau sê hy hoop egter dat die somerreënval vir provinsies in die binneland goeie reën sal oplewer sodat daar genoeg water is vir die winter.

Hy sê die damme in die Oos-Kaap herstel die moeilikste.

Ander damme met heelwat water, is die Sterkfonteindam wat 91,1% vol is, die Bloemhofdam wat 72% vol is en verlede week 71,6% gemeet het en die Gariepdam wat 64,2% vol is teenoor verlede week se 65,7%.

Ratau moedig steeds verbruikers aan om water spaarsamig te gebruik.

Meer oor:  Sputnik Ratau  |  Vaaldam  |  Watervlak  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.