Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vaalrivier-verdrinkings: 2de lyk gekry
Die skilderagtige toneel naby Spider Valley waar vyf mans in die Vaalrivier verdrink het. Foto: ER24

Polisieduikers het Sondagmiddag die lyk van ’n tweede man gekry nadat vyf mans Saterdag in die Vaalrivier in Gauteng verdrink het.

Die lyk is onder die water gevind, glo ’n ent van waar die twee oorlewendes beduie het hul motorboot omgeslaan het.

Ross Campbell van die ER 24-nooddiens het Saterdag gesê hul paramedici, die polisie en lede van die Metro-nooddiens het om 17:50 by die toneel naby Spider Valley-en Mario Milani-weg in Vereeniging opgedaag.

In daardie stadium is een lyk al gevind, maar die ander vier was steeds vermis.

Die man en vrou wat oorleef het, het nie hospitaalbehandeling benodig nie. Die man het aan die nooddienste gesê daar was water in die boot voordat dit omgeslaan het.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondagoggend gesê die polisie ondersoek die voorval.

Volgens die polisie se inligting het sewe mense tussen die ouderdom van 30 en 45 jaar met ’n boot op die rivier vanaf Sam Gross in Drie Riviere, Vereeniging, gevaar toe dit omslaan.

Polisieduikers soek sedertdien na die oorblywende vier lyke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.