Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vadersdag met wafels, 8 se liefde gevier
Die Pretorius-gesin van Rosendal. Van links is, voor: Beaufort, Roux en Eden; agter: Kalika, Dahla, Colijn, Linda, Willem, Stella en Lindley.

Warm wafels vir ontbyt, Sondag-kos in die Aga en met die liefde van sy agt kinders by hom, is hoe ’n “painter” en pa van Rosendal vanjaar Vadersdag gevier het.

Willem Pretorius, ’n kunstenaar wat saam sy gesin in dié dorp naby Bethlehem woon, glo die belangrikste ding wat hy sy kinders wil leer, is dat hulle sal sien jy kan jou passie volg en dat geluk in die eenvoudige dinge van die lewe lê.

“Ek hoop dit maak hulle vry om hul eie drome te volg.”

Pretorius is die trotse pa van agt veelsydige en talentvolle kinders.

Kalika (17), die oudste, hou van bak en brou in die kombuis en Lindley (15) teken al amper beter as Pretorius. Roux (13) hou baie van lees en maak sy pa trots as hy met sy neus in ’n boek sit.

Beaufort (11) kan elke voël se geluide uitken en ken ook hul name, en Eden (8) is ’n kreatiewe Lego-argitek en bou ruimteskepe.

Die tweeling Dahla en Stella (6) het onlangs leer fietsry en die jongste, Colijn, kan homself al op driejarige ouderdom self aantrek.

“Elke liewe een van hierdie unieke vaardighede en goed wat my kinders doen, maak my ongelooflik trots om hul pa te wees.”

Pretorius sê wat hom die trotsste maak, is dat sy kinders mekaar help en met mekaar en ander deel.

Dié gesin is al van voor die nasionale inperking elke dag saam, met die kinders wat tuisonderrig kry. “Ek en my vrou, Linda, werk ook van die huis af en al wat ons nou mis, is die road trips wat ons nie meer so gereeld kan doen nie.”

Vaderskap beteken vir Preto­rius om tyd saam met sy kinders deur te bring en jou kind toe te laat om hul eie foute te maak en hul voete in die wêreld te vestig.

“Al is dit soms moeilik om bietjie terug te staan, want ’n mens wil mos maar die beste vir jou kinders hê.”

Om ’n pa van nie een kind nie, maar agt te wees is elke dag ’n seën. “As ek gelukkig is, kan ek dalk vandag (gister) ’n middagslapie ook inryg,” sê hy.

Meer oor:  Willem Pretorius  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.