Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vakbond-man wat sluipmoord ontduik, is dood

Allen Thompson, president van die onderwysersvakbond die National Teachers’ Union (Natu), is dood.

Natu het dié nuus Maandag bekend gemaak sonder om enige verdere besonderhede oor sy dood te gee.

“Dit is met groot hartseer dat ons Thompson se dood aankondig. Ons sal binnekort meer inligting oor sy dood bekend maak,” sê Natu in ’n verklaring.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van basiese onderwys, het sy skok en hartseer oor Thompson se dood uitgespreek. “Allen Thompson was ’n broer en ’n baie goeie vriend vir my. Ons het goed saamgewerk. Wat ’n verlies vir die onderwys,” skryf Mhlanga op Twitter.

Allen Thompson, president van die National Teachers’ Union (Natu), is dood. Foto: Facebook/Natu

Ook die IVP het medelye betoon met Thompson se afsterwe. “Ons het met groot skok en hartseer verneem van Thompson se dood. Die onderwyssektor is armer weens sy dood. Hy was ’n goeie ouer, onderwyser, hoof en vakbondlid.

“Suid-Afrikaners het ’n nugter onderwysaktivis wat die skoolkind eerste gestel het, en wat transformasie meegebring het, verloor,” sê die party in ’n verklaring.

Netwerk24 het in 2018 berig daar was ’n mislukte sluipmoordaanval op Thompson, glo kort nadat die vakbond inligting bekend gemaak het oor korrupsie in die departement van onderwys in KwaZulu-Natal.

’n Groep swaar gewapende mans het op hom losgebrand op die N2-snelweg by die M41-afrit na Umhlanga. Hy is in die skouer getref.

Hy het aanhou ry nadat hy geskiet is, met sy aanvallers agterna. Thompson kon daarin slaag om plek-plek teen die aankomende verkeer in en oor rooi verkeersligte tot by die Netcare Umhlanga-hospitaal te ry.

Hy het by die hospitaal se ingang gestop en ingehardloop om hulp te kry en van die skieters weg te kom.

Die onbekende aanvallers, wat klapmusse gedra het, is swaar gewapen die hospitaal in om na Thompson te soek. Toe hulle hom nie kon kry nie, is hulle terug na waar sy voertuig by die hospitaal se ingang gestaan het.

Hulle het sy voertuig deursoek en is weg met dokumente, ’n sak met ’n onbekende bedrag geld daarin, twee skootrekenaars en belangrike inligting oor ’n ondersoek na die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement.

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.