Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Valduiker land by trop ‘nuuskierige’ renosters
Jeff Provenzano bo die trop renosters.

As die wind en weer nie saamgespeel het nie, sou Jeff Provenzano (42), ’n Amerikaanse valduiker, Sondagoggend per ongeluk tussen ’n trop leeus pleks van renosters geland het.

Provenzano, ’n lid van die Red Bull Air Force, het Sondagoggend douvoordag tussen meer as 'n honderd renosters naby Bela-Bela in Limpopo geland.

Jeff Provenzano net nadat hy geland het.
Jeff Provenzano.

Hy het saamgespan met EDGE, ’n nieregeringsorganisasie wat militêre tegnieke en toerusting gebruik om dié tientalle renosters te beskerm.

Hy het op ’n hoogte van 4 000 voet (sowat 1,2 km) met ’n vlerkpak uit ’n lugballon gespring.

“Jy kan nie ’n lugballon na ’n sekere plek stuur nie, dit dryf in sy eie rigting. Ek was bang ek land in die kamp met leeus langsaan, maar alles het perfek uitgewerk en ek het tussen die renosters geland.”

Die renosters was glo “nuuskierig” toe hy land.

“Hulle het stilgestaan en lank na my gekyk, maar hulle was nie nuuskierig genoeg om nader te kom nie.

“Dis ook maar goed so, want ek is gewaarsku dat ek na die naaste boom moet hardloop as hulle nader kom.”

Jeff Provenzano sê sy beste ervaring was toe hy op ’n wildrit ’n renosterkoei en haar twee weke oue kalfie raakgeloop het.

Provenzano het al sowat 20 000 keer gespring, maar hy meen dié keer was spesiaal.

“Min mense aan die ander kant van die wêreld besef hoe erg die renosterstropery is. Ek hoop ek kan ’n ander deel van die wêreld bewus van die probleem maak.”

Dit is die eerste keer dat Provenzano Suid-Afrika besoek en die eerste keer dat hy renosters sien.

“Ek het nie besef hoe groot die probleem is en hoeveel mannekrag, veiligheidsmaatreëls en tegnologie benodig word om die stropery te bekamp nie.”

Hy sê sy beste ervaring in Suid-Afrika was toe hy op ’n wildrit op ’n renosterkoei en haar twee weke oue kalfie afgekom het.

  • Volg Jeff Provenzano se reise op Instagram. Sy profiel bevat ook die skakel vir sy aanlyn geldinsamelingsprojek vir renosterbewaring.
View this post on Instagram

Link in bio. #whereintheworldisjeffro

A post shared by EDGE (@ecodefensegroup) on

Meer oor:  Renosters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.