Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Valke arresteer oud-Matie-man vir bedrog

Die Valke het Chris de Beer, die voormalige adjunkhoof van studentegelde by die Universiteit Stellenbosch, vir bedrog gearresteer.

Die saak word glo verbind aan Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

De Beer is in 2012 deur die universiteit afgedank nadat ’n forensiese ondersoek bevind het hy en Roux, destyds die finansiële direkteur van die universiteit, het saamgewerk om R21 miljoen van die universiteit se reserwegeld na die Maties-rugbyklub oor te dra.

Die geld is na bewering gebruik om die uitgawes van rugbyspelers soos Peter Grant, Juan de Jongh en Ernst Joubert te dek.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het bevestig dat die verdagte gedagvaar is om op 18 Maart in die gesentraliseerde kommersiële misdaadhof in Bellville te verskyn. Hy wou nie De Beer se naam bevestig nie, maar twee verskillende bronne het aan News24 bevestig dat dit wel die voormalige universiteitswerknemer is.

De Beer en Roux word ook in die gesig gestaar deur ’n siviele eis van R32 miljoen deur die Universiteit Stellenbosch vir skade wat gely is weens die beweerde bedrieglike gedrag. Dit sal op 13 Mei in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.