Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Valke ondersoek ‘Erfenisfonds’

Die Valke het ’n ondersoek begin na ’n geheime “Erfenisfonds” waaruit oudminister Tokyo Sexwale beweer daar miljarde rande gesteel is.

Die Valke-ondersoek kom nadat ’n klag van bedrog en diefstal in verband met dié fonds vandeesweek ingedien is deur iemand wie se identiteit die Valke nie bekend wil maak nie.

Sexwale het Donderdag volgehou dat daar ’n bedrogspul met die fonds was, hoewel die nasionale tesourie en die Reserwebank, waarin die fonds glo gehou word, die bestaan daarvan ten sterkste ontken.

Sexwale het die uitlatings dat miljarde rande uit dié “fonds” weg is, Sondagaand in ’n onderhoud met eNCA gemaak.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, wou Vrydag nie veel besonderhede oor die ondersoek verklap nie.

“Die ondersoek sal wel onder meer bepaal of die fonds bestaan,” het sy gesê.

Luidens ’n verklaring wat vroeër deur Mogale uitgereik is, is dit ook te vroeg om te bespiegel oor wie moontlik daarby betrokke is omdat die Valke nie die name van verdagtes of persone van belang bekend maak voordat bewerings behoorlik ondersoek en verdagtes in die hof verskyn het nie.

Die ondersoek sal wel onder meer bepaal of die fonds bestaan.

Volgens Sexwale is hy een van twee gemagtigdes van die fonds van ’n “baie magtige familie”, hoewel hy self geen geld daarin belê het nie.

Hy beweer die fonds is in die Reserwebank onder die “White Boy Spiritual Trust” van ’n buitelandse skenker en dat dit onder meer gratis hoër onderwys in Suid-Afrika kan finansier.

Hy het vroeër beweer dat pres. Cyril Ramaphosa en oudpres. Jacob Zuma van die fonds weet.

Sexwale, wat sê hy ondersoek die kwessie al twee jaar, het ’n beroep op die publiek gedoen wat kennis dra van die diefstal om bewyse aan die polisie te oorhandig.

Meer oor:  Erfenisfonds  |  Tokyo Sexwale  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.