’n Valskermspringer wat sy eerste solo-sprong uitgevoer het, is met die landing op ’n plaas tussen Deneysville en Refengkgotso beseer.
Shawn Herbst van Netcare 911 sê die 40-jarige man het sy enkel Sondagoggend beseer toe hy hard te lande gekom het.
Die man is op die toneel behandel voordat hy in ’n stabiele toestand in ’n ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Ter illustrasie Foto: Netcare911