Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Valskermspringer tref boom

’n Valskermspringer het Maandagaand ernstige beserings opgedoen toe hy ’n boom getref het. Die man is vermoedelik in sy 50’s en het in ’n gebied buite Durban probeer land.

Paramedici moet ver stap om op die ongelukstoneel uit te kom. Foto: Verskaf

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die man het vermoedelik ruggraatbeserings en verskeie frakture opgedoen.

“’n Plaaslike ambulansdiens het ons omstreeks 18:00 gekontak om te gaan help.”

Die toneel was moeilik om te bereik en die personeel van Netcare 911 en Midlands EMS se nooddienste moes ver stap, sê Herbst.

Die man is op die toneel gestabiliseer en daarna per lugambulans na die hospitaal geneem. Sy toestand is ernstig maar stabiel.

Meer oor:  Durban
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.