Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Valskermsweef van Alexanderbaai tot Kosibaai vir kinders

Dit kos net een kyk in die oë van ’n kind met ’n lewensbedreigende siekte, maar wat steeds kan droom, om te verstaan hoekom twee avonturiers van die een uithoek van Suid-Afrika na die ander gaan valskermsweef.

Joe Pelser en Kobus Robbertze gaan van Alexanderbaai tot Kosibaai valskermsweef om geld vir kinders met lewensbedreigende siektes in te samel. Foto: Verskaf

Joe Pelser en Kobus Robbertze weet dit is ’n groot taak om die wind en weer vir meer as 2 500 km in die lug aan te durf.

“Ons kan hiermee genoeg bewusmaking skep en genoeg geld insamel om hierdie kinders wat so dapper veg, se drome te bewaarheid,” sê Pelser.

Die twee mans van Bloemfontein se “Fly for a dream”-projek begin op 31 Maart in Alexanderbaai in die Noord-Kaap.

Hulle beoog om dan binne ’n maand, kuslangs, tot by Kosibaai aan die ander kant van die land in KwaZulu-Natal te valskermsweef.

“Ons sal probeer om langs die kuslyn te hou, maar daar is plekke waar ons nie oor mag vlieg nie, soos naby lughawens,” verduidelik Pelser.

As die weer saamspeel kan hulle skofte van drie uur se vlieg inpas voor ’n ruskans. Hulle behoort dan so 100 km per dag te kan aflê.

Daar sal ’n ondersteuningsvoertuig padlangs saamry en verskeie mense het reeds slaapplek aangebied.

“So baie mense het reeds hulp aangebied, en ons projek word deur die Reach for a Dream-stigting en South African Hang Gliding and Paragliding Association (SAHPA) gesteun.

“Laasgenoemde help ook met die logistieke reëlings,” sê Pelser.

En weet jy, die kinders se drome is nie eens buitensporig nie. Sommige kinders soek net ’n nuwe rok of ’n spesifieke speelding.

Ja, dit is ’n ambisieuse avontuur, maar Pelser en Robbertze moet iets asemrowend doen om die beoogde R500 000 te kan insamel.

“Ons moet mense bewus maak van hoeveel kinders aan lewensbedreigende siektes ly.

“Dit kos Reach for a Dream tussen R2 500 en R4 000 per kind om hul drome te laat waar word.

“En weet jy, die kinders se drome is nie eens buitensporig nie. Sommige kinders soek net ’n nuwe rok of ’n spesifieke speelding.

“As jy vier jaar oud is en lewe op chemoterapie, en al wat die meisie wil doen is om cupcakes te bak – jy moet daardie vreugde in daardie gesiggie sien vir daardie oomblikke wat sy dit kan doen!” sê Pelser geesdriftig.

Robbertze was voorheen as fotograaf by Reach for a Dream se projekte betrokke en Pelser was ’n paar maal saam.

“Ons het toe besef ons is gelukkig om gesonde kinders te hê,” sê Pelser.

* Volg hier hul droom om kinderdrome te bewaarheid: https://www.facebook.com/fly.for.a.dream/ en https://www.flyforadream.co.za/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.