Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Van alle kante’ se rubriekskrywer Pieter Spaarwater sterf

“Ek het vrede dat hy uiteindelik rus gevind het.”

So het Estelle Spaarwater (née Dommisse), vrou van die oudjoernalis en skrywer Pieter Spaarwater, Sondag op sy dood reageer.

Pieter Spaarwater

Die 83-jarige Spaarwater, wat veral onthou sal word vir sy spitsvondige rubriek Van alle kante in die Kaapse dagblad Die Burger, is Sondagmiddag aan hartversaking dood by die Society for the Care of the Aged (Sofca) in Hermanus.

“Pieter het die laaste paar jaar baie met sy hart en niere gesukkel, maar hy het ’n lang, interessante en vol lewe gehad. Ek sou nog môre (Maandagoggend) vir hom gaan kuier het. Toe kom die oproep om kwart oor twaalf vanmiddag dat hy dood is,” het Estelle (81), wat sedert 1962 met hom getroud was, gesê.

“Pieter was ’n gebore joernalis en ’n fyn waarnemer van mense en gebeure. Hy het aanvanklik as omroeper vir ’n radiostasie in Holland gewerk. Ons het in 1970 na Suid-Afrika teruggekeer en Pieter het by die Naspers-publikasiegroep aangesluit en gewerk vir Huisgenoot en later Die Burger waar hy tot sy aftrede gebly het. Soos baie joernaliste wou hy graag ’n boek uitgee en ek is verheug dat hy dit kon doen,” het Estelle oor sy boek Gestroop: ’n Bundel essays gesê.

Ek het vrede dat hy uiteindelik rus gevind het.

Die Spaarwater-egpaar het in 1995 met hul aftrede in Vermont in Hermanus gaan woon waar hulle ’n gastehuis, Otters, met groot sukses bedryf het.

Ben de Kock, oudkunsredakteur van Die Burger en jarelange vriend van Spaarwater op Vermont, het hom as “ ’n warm mens met ’n skerp intellek wat ook soms lekker knorrig kon wees,” beskryf.

“Sy heengaan laat ’n groot leemte,” het De Kock gesê.

Spaarwater laat sy vrou Estelle, drie kinders, Pieter, Esther en Ebbe, en drie kleinkinders agter.

Meer oor:  Die Burger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.