Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Van Breda’s ‘weet niks’ van Henri se Gauteng-besoek
Henri van Breda kom Dinsdag by die Lanseria-lughawe aan vir ’n besoek aan sy ouma in Pretoria. Van Breda staan in Kaapstad tereg vir die bylmoord op sy familie. Foto: Deaan Vivier

’n Oom van Henri van Breda, die vermeende bylmoordenaar, sê hy weet nie hoekom Henri vandeesweek vir sy ouma aan moederskant in Gauteng gaan kuier het nie.

“Ons weet nie wat aan Henri se ma se kant van die familie aangaan nie,” sê Bailey van Breda.

Hy is die broer van Martin van Breda, Henri se pa.

Bailey sê hy was nooit afsydig teenoor Henri nie. Hy het hom gereeld gedurende die moordverhoor gebel om te hoor hoe dit gaan.

“Ons aan die Van Breda-kant praat nie oor die hofsaak nie,” sê hy.

Die uitspraak in Henri se moordverhoor vind Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad plaas. Sy besoek aan Pretoria is dalk die laaste kans wat hy kry om vir familie te kom kuier indien hy skuldig bevind sou word.

Henri word daarvan aangekla dat hy in 2015 sy ouers, Martin en Theresa, en sy broer, Rudi, op die De Zalze-wynlandgoed buite Stellenbosch met ’n byl vermoor het, en sy suster, Marli, probeer vermoor het. Hy staan ook op ’n klag van regsverydeling tereg.

Hy het Dinsdagaand saam met sy vriendin, Danielle Janse van Rensburg, op die Lanseria-lughawe in Johannesburg aangekom. Die direkteur van openbare vervolging het aan hom toestemming gegee om Rika du Toit (94), sy ouma aan moederskant, in Pretoria te besoek.

Henri van Breda kort nadat hy op die Lanseria-lughawe in Johannesburg aangekom het vir ’n besoek aan sy ouma in Pretoria. Van Breda staan in Kaapstad tereg vir die bylmoord op sy familie. Foto: Deaan Vivier

Narita du Toit, Henri se tannie, wou nie sê of sy hom gedurende sy kuier in Gauteng gaan sien nie.

“Ek wil absoluut niks kommentaar lewer nie. Ek wil niks van my kant af sê nie.”

Sy sê die rede hoekom Henri sy ouma besoek, is privaat.

André van Breda, Martin van Breda se ander broer, wou ook niks sê nie.

“Ek belowe, die hele Van Breda-gesin, A-Z, gaan nie voor die hofsaak verby is kommentaar lewer nie. Bel my weer ná die hofsaak, op ’n sonniger dag.”

Janse van Rensburg het telkemale haar selfoon doodgedruk. Sy het ook nie op selfoonboodskappe reageer nie. Haar pa, Wannie van Rensburg, was ook nie by sy dokterspraktyk in Malalane, naby Mbombela in Mpumalanga, beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Henri moet voor of op Donderdag weer terug in Kaapstad wees. Hy moet sers. Marlon Apollis, die ondersoekbeampte in die saak teen hom, vir die duur van sy besoek in Gauteng drie keer per dag bel.

Henri bly gedurende sy besoek by sy oom, Francois du Toit, in Wapadrand in Pretoria. Met Netwerk24 se besoek aan Du Toit se huis Woensdagmiddag was daar klaarblyklik niemand tuis nie.

Meer oor:  Henri Van Breda  |  Ouma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.