Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Van der Bergs se lewe was ‘vol betekenis, omgee’
Ds. Andreas van Rooyen van die NG Boshof Gemeente het Sondag die roudiens in Bloemfontein gelei. Sakkie en Ina van der Berg is verlede Vrydagaand met hul eie vuurwapens op ’n plaas naby Boshof vermoor. Foto: Cheréne Pienaar

Twee oop sitplekke by elke verjaarsdag, by elke herdenking, by elke groot geleentheid in die kleinkinders se lewe waar ’n oupa en ouma gemis gaan word.

Ds. Andreas van Rooyen van die NG gemeente Boshof het Saterdag by die amptelike roudiens van Sakkie en Ina van der Berg gesê dít sal moontlik van die swaarste realiteite vir die familie wees.

Die diens is by dieselfde gastehuis naby Bloemfontein gehou waar die Van der Bergs se oudste dogter, Lize Kruger, destyds getrou het.

Sy en die egpaar se ander twee dogters, Nicolene Pienaar en Doreen van Rensburg, en hul mans het Donderdag die plaashuis ontruim en Saterdag talle bokse aan die gemeente geskenk.

Dit is veral die Van der Berg-egpaar se kleinkinders wat deurentyd snikke laat opklink het.

Die teksvers was Psalm 94, wat handel oor Dawid wat op die punt was om moed op te gee en uitgeroep het na die Here.

Al was tannie Ina nie so gesond nie, het dit haar nie gekeer om ander te help nie.

“Dié wat oom Sakkie en tannie Ina geken het, sal weet hulle het nogal só geleef. Hulle het nie aldag die maklikste van lewens gehad nie. Hulle was ook nie die bekendste nie.”

Hy sê baie mense het eers ná hul dood uitgevind watter wonderlike werk hulle in die Vrystaat en die Noord-Kaap en in soveel ander plekke gedoen het.

Die egpaar het gewerk vir 3L Development, ’n organisasie sonder winsbejag wat gemeenskapsontwikkeling doen.

“In ’n stadium het oom Sakkie ’n tragedie oorgekom. Hy het nie meer hande gehad nie.”

Vir die meeste mense sou dit genoeg rede wees om op ’n hopie te gaan sit.

“Vir hom was dit ’n geleentheid om oor te begin.”

“Al was tannie Ina nie so gesond nie, het dit haar nie gekeer om ander te help nie.

“Sy het aangehou om ’n verskil te maak en te help.

Sakkie sou in September as ouderling in dié gemeente bevestig word.

Toe die gemeente hulle vra of hulle kans sien daarvoor dat hy ouderling word en tannie Ina daarmee help, het hulle nie enigsins verskoning gemaak dat hulle te besig is, of omstandighede te moeilik is nie, maar eenvoudig gesê hulle is gereed om te dien.

“Sakkie en Ina was nie twee slagoffers nie, dit was kosbare mense wat ’n verskil in hierdie wêreld gemaak het,” het Van Rooyen gesê.

Die egpaar se vermeende moordenaars verskyn Donderdag weer in die hof.

Meer oor:  Boshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.