Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Van ver af hoor jy varke skreeu van honger’

Die geluid van skreeuende varke op ’n plaas by Thaba Nchu buite Bloemfontein was so erg dat sy wou begin huil, sê Charmaine Engelbrecht, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein.

Engelbrecht sê ’n lid van die gemeenskap het die DBV ingelig dat 14 varke in haglike omstandighede op ’n eiendom in die Rooifontein Trust-gebied aangehou word.

Engelbrecht sê sy het Donderdag gaan ondersoek instel en ’n mens kon die varke van ver af hoor skreeu.

“Toe hulle ons hoor, het hulle begin skreeu in die hoop dat iemand vir hulle kos bring,” vertel sy.

“As ek nie vooraf geweet het dit is varke nie, sou ek nie geweet het watter soort diere ek voor my oë sien nie,” sê Engelbrecht.

“ ’n Mens dink altyd aan varke as groot, vet diere en dit was hartverskeurend om hulle só te sien,” vertel sy.

Die DBV in Bloemfontein het twee verhongerde varke laat uitsit en 12 ander word tans deur ’n veearts behandel nadat hulle by die eienaar gekonfiskeer is. Foto: DBV

Engelbrecht sê twee van die 14 varke was so erg verhonger en verswak dat hulle omgeval het toe hulle probeer opstaan.

Sy sê die varke het elke keer as sy nader gegaan het haar gestorm in die hoop dat sy vir hulle kos gaan gee.

Engelbrecht sê die twee varke wat nie kon opstaan nie, kon skaars asemhaal en is uit hul lyding verlos.

Die ander 12 varke word tans deur ’n veearts behandel.

Sy sê die DBV het ’n klag van wreedheid teenoor diere teen die eienaar van die varke aanhangig gemaak.

Sy sê die varke sal nou versorg word totdat die hof beslis waarheen hulle moet gaan.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Dieremishandeling  |  Dbv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.