Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vandag se koue is maar net die begin - SA weerdiens

’n Kouefront sal Gauteng Maandagaand tref en tot Woensdag kouer temperature meebring.

Jan Vermeulen, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sê ’n kouefront het Maandagoggend oor die Vrystaat en suidwestelike dele van Noordwes beweeg onderweg na Gauteng.

Die SAWD sê op sy Twitterblad sneeu word verwag oor die hoogliggende gebiede van die land. Die meeste sneeu sal na verwagting oor die Drakensberge in die Oos-Kaap by Rhodes, Elliot en Barkly-Oos teen laatmiddag val.

Alfred Thorpe het dié foto van ’n kouefront wat Kalkbaai in die Wes-Kaap tref gedeel.Foto: Facebook/Reënval in SA
Gerhard Kroukamp het dié foto van ’n wolkformasie gedeel toe ’n kouefront onlangs die Paarl in die Wes-Kaap getref het.Foto: Facebook/Reënval in SA

Dit is dié kouefront wat dan later Maandag Gauteng sal tref.

Maandag bereik Johannesburg ’n maksimum van 17 °C, Pretoria 21 °C en Vereeniging 17 °C.

Deur die nag sal temperature aansienlik daal en sowel Johannesburg as Pretoria sal ’n minimum temperatuur van 1 °C bereik met -5°C in Vereeniging.

Dinsdag word ’n maksimum temperatuur van 16 °C in Johannesburg, 18 °C in Pretoria en 15 °C in Vereeniging verwag.

“Daarna sal die temperature in Gauteng weer styg en teen Woensdag stabiliseer,” sê Vermeulen.

Volgens Vermeulen tref ’n kouefront Dinsdag die Wes-Kaap. Dit bring ook ’n 30%-kans op reënbuie.

“Later in die week is daar nog kouefronte wat die Kaap kan tref. Ons verwag oor die algemeen bewolkte, winderige weerstoestande, asook rowwe seetoestande in die Wes-Kaap,” sê Vermeulen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.