Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vandalisme by gedenkmuur skok
Dirk Ellis, afgetrede krematoriumbestuurder, by die nissies met as in die gedenkmuur by die krematorium van die Memorium-begraafplaas in Bloemfontein wat deur vandale beskadig is.Foto: Mlungisi Louw

Vandale het weer toegeslaan op die gedenkmuur by die krematorium van die Memorium-begraafplaas in Bloemfontein. Hordes nissies is oopgebreek en as van gestorwenes wat daar gehou is, asook marmer-naamplate, lê oral rond.

Dirk Ellis, afgetrede krematoriumbestuurder, sê dit is hartseer dat die Mangaung-metro oënskynlik net nie ’n saak met dié gedenkmuur het nie. Die begraafplaas met sy gedenkmuur behoort aan die metro.

Dirk Ellis, afgetrede krematorium-bestuurder, by die nissies met as by die gedenkmuur by die krematorium van die Memorium-begraafplaas in Bloemfontein wat deur vandale beskadig is.Foto: Mlungisi Louw
As lê ontbloot langs ’n gebreekte kissie in ’n beskadigde nissie in die gedenkmuur.Foto: Mlungisi Louw

In gevalle van nissies wat voorheen stukkend geslaan is, het die munisipaliteit swart marmerplate voor die nissies aangebring. Daar is nou geen naam om die nissies te identifiseer nie.

“Ek dink nie meer die metro weet presies wie se as in watter nissie moet wees nie, want in die verlede het ’n klomp kissies met as sommer deurmekaar op die grond gelê.”

Hy meen dit sal inwoners ontmoedig om in die toekoms geliefdes se as in die gedenkmuur te kom bêre. Dit sal ook beteken dat die metro nog ’n inkomstebron gaan verloor.

Onblote nissies met as van geliefdes in die gedenkmuur.Foto: Mlungisi Louw

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung-metro, sê die metro het planne om die gedenkmuur te herstel en te beveilig. “Ek gaan onmiddellik werk van die saak maak. Ons moet die krematorium met sy gedenkmuur tot ’n aanvaarbare standaard vir die inwoners verhef en geliefdes se as veilig beskerm. Die departement parke en ontspanning sal aandag aan die saak gee.”

Na wat verneem word, is die veiligheidsafdeling van die metro saans verantwoordelik vir die sluit van die begraafplaas en om dit soggens weer oop te sluit.

Daar is egter ’n tekort aan mannekrag en nie altyd genoeg brandstof vir voertuie nie.

Daar is ’n heining om die begraafplaas, maar nie om die gedenkmuur nie.

Meer oor:  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.