Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vanderbijl-onnie huis belet deur vervreemde man

Die kleuterskoolonderwyseres wat in verband met die sesjarige Amy’Leigh de Jager se ontvoering in hegtenis geneem is, se vervreemde man het “nie ’n goeie ervaring van haar nie”.

“Ons het geen kontak met haar nie. Ons het haar ons huis belet,” het die 35-jarige man se pa (57) gesê.

Die Laerskool Kollegepark se ingang in Generaal Froneman-straat. 'n Onderwyseres hier is na bewering in hegtenis geneem in verband met Amy'Leigh de Jager se ontvoering. Foto: Jana Marx

Die man was by sy pa, maar het verkies dat die pa Netwerk24 te woord staan.

Die onderwyseres en die man is nog getroud, maar is al byna twee jaar van mekaar vervreem.

“Sy het my seun ’n jaar en ’n half, twee jaar gelede, net so gelos in Rustenburg, waar hulle gebly het, en teruggetrek na Vanderbijlpark. Hulle het ’n huis saam gehad.”

Hulle het nie kinders nie. Die onderwyseres se minderjarige dogtertjie kom uit ’n vorige verhouding.

Op ’n vraag of hulle weet of die onderwyseres geldelike probleme gehad het, het die man gesê: “Dit was vir ons baie moeilik toe ons hoor (van haar inhegtenisneming), maar ons weet niks verder van haar af nie. Daar is so baie struwelinge en goed is gesê, maar ons dink nie dis nou die tyd of plek om dit te bespreek nie.”

Die onderwyseres se identiteit, wat aan Netwerk24 bekend is, word vir eers op regsadvies weerhou.

Die onderwyseres is Woensdagnag saam met twee ander verdagtes in hegtenis geneem nadat klein Amy’Leigh Maandagoggend voor skool uit haar ma se hand gegryp is. Sy is ’n gr. R-leerling aan die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.