Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vars pizza sonder 2 stukke
Die pizza wat sonder twee stukkies afgelewer is.

’n Dogter van Edenglen aan die Oos-Rand wat ’n Debonairs-pizza bestel het, is verras toe die maaltyd sonder twee van die stukkies by haar aangekom het.

Volgens Caryn Pereira was sy en haar man uit vir die aand toe haar dogter by die huis agtergebly het.

“Sy het omstreeks 18:50 ’n pizza by Debonairs aanlyn bestel. Bykans ’n uur later het die afleweringsman opgedaag en nadat hy ’n ander pizza uitgehaal het, besef hy het háár pizza aan die bure agter ons gegee,” sê Pereira.

Toe hy weer by die Pereiras aankom, was daar twee stukkies van die pizza weg.

Nadat hy besef het dit is die verkeerde pizza. het die afleweraar van die Edenglen-tak op sy bromponie geklim en na die bure gejaag om die regte pizza te gaan haal. Toe hy weer by die Pereiras aankom, was daar twee stukkies van die pizza weg.

“Daar is toe reeds aan die pizza geëet wat my dogter bestel het. Daar was selfs stukkies van die korsie oor in die houer. Toe die afleweraar dit sien, het hy my dogter ’n splinternuwe pizza belowe en toe onmiddellik weggejaag,” sê sy.

Volgens Pereira het haar dogter toe besluit om die bestelling te kanselleer en die tak gebel.

“Die bestuurder waarmee sy gepraat het, het slegs ‘ja’ gesê,” sê Pereira.

Later het die man met die nuwe pizza opgedaag en Pereira se dogter gebel nadat hy vir etlike minute by die hek gestaan het.

Ek het haar gewaarsku om nie hek toe te gaan nie. Hy het toe vir haar gesê sy moet die pizza vat, anders los hy dit by die hek.

“Ek het haar gewaarsku om nie hek toe te gaan nie.

“Hy het toe vir haar gesê sy moet die pizza vat, anders los hy dit by die hek,” sê Pereira.

Toe Pereira kort daarna tuiskom, was die pizza nie meer buite waar die man dit vermoedelik gelos het nie.

Volgens Andrew Bwanya, streeksbestuurder vir Debonairs, is die geval aangemeld en Pereira het ’n gratis pizza gekry.

“Ek het met haar (Pereira) gepraat en dit blyk asof sy verstaan dat dit ’n uitsonderlike geval was,” sê Bwanya.

Bwanya bevestig dat die afleweringsman nie afgedank is nie, maar dissiplinêre stappe kan volg.

* Pereira wou nie haar dogter se naam aan Netwerk24 verskaf nie.

Meer oor:  Debonairs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.