Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veary ontken ‘gangster’-bande
Genl.maj. Jeremy Vearey

Die stryd kan maar begin, hy is reg om kaalvuis te baklei.

Só het genl.maj. Jeremy Vearey, Wes-Kaapse adjunkpolisiekommisaris belas met speurdienste, gesê ná die jongste bewerings teen hom – dié keer dat hy R2 miljoen van die veroordeelde Tsjeggiese mafiabaas Radovan Krejcir ontvang het.

Vearey het gesê hy het regsadvies ingewin oor dié bewerings in ’n beëdigde verklaring. Die Burger het nie self die verklaring – wat in die besit is van die polisielede wat Krejcir ondersoek het – onder oë gehad nie, maar is oor die inhoud ingelig.

Brig. Mulaudzi Hangwane, Valke-woordvoerder, het gesê die verklaring is tydens Krejcir se hofsaak afgelê, maar hy weet nie of die bewerings ondersoek word nie.

“Ek het nog nooit geld van enige gangster – en dit sluit Radovan Krejcir in – geneem nie,” het Veary gesê. Hy het ook nog nooit met Krejcir te doen gehad nie.

Op ’n vraag of hy bewus is van enige polisie-ondersoeke teen hom, het Vearey gesê hy weet van geen ondersoeke nie. Die Wes-Kaapse polisie het nie gereageer op navrae hieroor nie.

Dié beëdigde verklaring is egter nie die enigste waarin Vearey se naam en sy beweerde betrokkenheid by bendes genoem word nie. Die Burger is in besit van nog twee ander verklarings, waarvan een in Februarie vanjaar by ’n advokaat in die kantoor van Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, afgelê is.

Daarin word beweer dat Vearey op die betaalstaat van ’n bekende Kaapse bendeleier is en bande met die 26-bende het. Ook dat die bendeleier vir Vearey gesê het om aansoek te doen vir die toe nog vakante pos van die Wes-Kaapse polisiehoof.

Volgens Vearey sit Plato agter die verklarings.

Plato verwerp egter Veary se bewerings. “Ek het nog nooit op Jeremy Vearey gefokus of mense gevra om hom te ondersoek of om beëdigde verklarings oor hom af te lê nie.” Nie hy of sy kantoor het ’n vendetta teen Vearey nie, het hy gesê.

Meer oor:  Radovan Krejcir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.