Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veearts verwyder rekordgetal blaasstene

‘En dis ’n nuwe rekord: Meer as 1 200 stene is uit die blaas van een klein worshond verwyder,” lui ’n inskrywing op die Facebook-blad Blue Bush Animal Clinic.

Die Blue Bush Animal Clinic het onlangs meer as 1 200 blaasstene van ’n worshond verwyder. Foto: Facebook

Sowat 850 Facebook-gebruikers het op die inskrywing van dié veearts in die noorde van Johannesburg gereageer.

Talle mense het gevra hoe ’n hond blaasstene kry.

Vorming

  • Luidens petmd.com bestaan blaasstene uit ’n versameling minerale en ander materiale. Die meeste blaasstene in honde word van struviet, kalsiumoksalaat, uraat of sistienkristalle gevorm.

Simptome

  • Jou hond maak gereeld “ongelukke”, dit wil sê hy urineer gereeld op ongewenste plekke.
  • Hy probeer gereeld urineer, maar hy stel min urine vry.
  • Hy sukkel om te urineer.
  • Sy urine is ’n ongewone kleur.
  • Hy lek gereeld sy urinêre opening.

Voorkoming

  • Dit is belangrik dat jou hond die regte dieet volg. Daar bestaan hondekosse wat voorkom dat struviet, kalsiumoksalaat, uraat of sistienkristalle vorm.
  • Jou hond moet ook meer water drink, omdat die kristalle minder geneig is om in verwaterde urine te vorm.
  • Veeartse beveel daarom die geblikte hondekosse bo die droë kos aan.
  • Aangesien die spesiale diëte op lang termyn vir jou hond gevoer moet word, moet die dieet ’n gebalanseerde voedingswaarde bevat. Jou veearts is die regte persoon om ’n dieet aan te beveel wat jou hond gesond sal hou.
Meer oor:  Veearts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.