Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veiligheidshek val 7-jarige seun dood

Nóg ’n familie is gebroke nadat hul sewejarige seun wreed van hulle weggeneem is.

Abdul Mutaulib Henry
Abdul Mutaulib Henry (7

Abdul Mutaulib Henry van Mitchells Plain is Saterdagmiddag dood nadat die bure se toegangshek bo-op hom geval het.

Abdul en sy vriende het in die straat voor hul huis gespeel toe ’n buurman in die straat aangery kom.

“Hy wou die buurman ’n guns doen en het die hek vir hom oopgemaak sodat hy kon inry. Toe lig die hek van die spoor af op en val bo-op Abdul,” sê sy ma, Farzaana.

“Ek en sy pa en sy sussie was in die huis. ’n Ander buurvrou het ons kom roep. Toe ons buite kom, was hy reeds bewusteloos.”

Farzaana sê die nooddienste het eers ’n uur ná die ongeluk op die toneel aangekom. Hy is by die hospitaal in Lentegeur dood verklaar.

“Wat dit nog erger maak, is dat hy Donderdag agt jaar oud sou word,” sê Farzaana.

Volgens Philisa Jonas, Abdul se juffrou by die Primêre Skool Portland in Mitchells Plain, was Abdul ’n lieflike seun. Hy was altyd vriendelik en wou net sy beste doen, sê sy.

“Hy was ’n baie toegewyde leerling.”

Klasmaats se tekeninge en boodskappe vir Abdul.
Abdul (regs), sy sussie Zayaan (9) en Azhar (2).

Jonas sê ’n maatskaplike werker het na die skool gekom om die nuus aan die klas oor te dra.

“Al die kinders is hartseer oor Abdul. Hulle het boodskappe vir hom geskryf en prentjies geteken.”

Jonas ken die familie baie goed aangesien Abdul se suster ook in haar klas was. Jonas het die familie Vrydag besoek om haar meegevoel te betuig.

Volgens die onderwyser is Abdul se ma en veral sy ouma gebroke ná die nuus.

Abdul se begrafnis was Sondag om 15:30.

Kapt. FC van Wyk het bevestig dat ’n toegangshek gebreek en op ’n sewejarige seuntjie geval het. Die slagoffer is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek aangevra.

Die polisie waarsku alle ouers om altyd versigtig te wees met toegangshekke.

“Ons wil ouers en versorgers waarsku om elektroniese toegangshekke gereeld in stand te hou. Ons wil ouers aanmoedig om te verseker dat daar altyd toesig oor hul kinders is.

“Moenie dat minderjarige kinders hierdie hekke op hul eie gebruik nie.”

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Dood  |  Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.