Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veldbrand: Boer uit koma ná 63 dae

Ná 16 operasies in 63 dae voel dit asof Mof Myburgh (66) van Kroonstad soos Lasarus uit die dood herrys het, sê sy dogter, Marinda Bender.

Bender is verheug dat haar pa uit die geïnduseerde koma is nadat hy op 6 September kritiek in ’n veldbrand buite Kroonstad beseer is.

Myburgh het derde- en vierdegraadse brandwonde oor 38% van sy liggaam opgedoen en die dokters in die Milpark-hospitaal in Johannesburg was nie seker of hy sou oorleef nie.

Myburgh kon die week vir die eerste keer weer met sy geliefdes praat.

“My pa sê hy voel soos Lasarus. Hy sê hy kan onthou wat in die ongeluk gebeur het, maar sê hy wil dit nie onthou nie.”

Myburgh moes ’n reeks operasies ondergaan om vel op sy kop, bene, arms en hande oor te plant. Al die oorplantings was tot dusver suksesvol.

Sy gesig het ten volle herstel, sê sy.

Marinda Bender saam met haar pa, Mof Myburgh, wat op 6 September vanjaar kritiek in ’n veldbrand buite Kroonstad beseer is.Foto: Facebook

Die laaste oorplantings aan sy hande is Dinsdag gedoen en al die wonde is nou met vel bedek.

“Net die tyd sal leer hoeveel gebruik my pa van sy hande sal hê,” sê Bender.

As alles reg verloop, behoort hy nie nog veloorplantings nodig te hê nie, sê sy.

Myburgh se hande het baie diep en ernstige brandwonde opgedoen.

Hy is steeds in die waakeenheid in die hospitaal se brandeenheid.

“My pa is haastig om huis toe te gaan, maar niemand weet hoe lank hy nog sal moet bly nie,” sê sy.

Hy het reeds met fisioterapie begin en moet so gou moontlik weer begin loop.

Myburgh wou graag aan sy vriende ’n videoboodskap stuur, maar Bender sê die hospitaal laat dit nie toe nie.

Sy sê op Facebook sy boodskap aan almal is: “Goeiemôre, Suid-Afrika. Julle moet die blink kant bo hou.”

Myburgh is ’n oud-onderwyser, ’n deeltydse boer en ’n agent vir Noord-Kaap Lewende Hawe.

Meer oor:  Mof Myburgh  |  Koma  |  Veldbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.