Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veldtog begin om toerisme hupstoot te gee

’n Nuwe veldtog is begin om toerisme in Oudtshoorn ’n hupstoot te gee nadat dit hard deur die koronaviruspandemie getref is.

Die bewusmakingsveldtog, Local is Lekker Drive Thru, word deur die plaaslike munisipaliteit in samewerking met Oudtshoorn-en-De Rust-toerisme aangebied.

Volgens die munisipaliteit is toerisme ’n groot bydraer tot die groter Oudtshoorn se ekonomie. Corleen Barnard, toerismebestuurder van Oudtshoorn-en-De Rust-toerisme, sê dit was ’n moeilike jaar vir die plaaslike toerismebedryf. Mense het hul werk verloor en plaaslike sakeondernemings ly omdat die inperking die ekonomie in die dorp tot stilstand gedwing het.Volgens Barnard is hulle ook besorg oor die volhoubaarheid van toeristebestemmings en sakeondernemings, veral noudat die internasionale grense gedeeltelik gedurende die toerismeseisoen in Suid-Afrika oopgestel is Sy sê dit is waarom dit belangrik is om plaaslike ondernemings te ondersteun.

Oudtshoorn is sinoniem met volstruise.

Die veldtog het ten doel om toeristebestemmings aan plaaslike inwoners en dié van omliggende gebiede te bemark.Die munisipaliteit se kommunikasiespan samel inligting in oor al die toeristebestemmings en neem foto’s wat op die munisipaliteit se sosialemediaplatforms gedeel word, luidens ’n verklaring.Volgens Chris Macpherson, die dorp se burgemeester, wil hulle hê dat die groter Oudtshoorn se inwoners eerste die toeristebestemmings besoek en ambassadeurs vir Oudtshoorn se toerisme word. Die publiek word ook aangemoedig om foto’s te neem wanneer hulle Oudtshoorn se toeristebestemmings besoek en dit te deel.

Die veldtog het op 16 Oktober in die Kangogrotte en Wilgewandel begin en duur tot 11 Desember. Inskrywings oor bestemmings sal tot einde Januarie 2021 op sosiale media gemaak word.Die munisipaliteit sê hy sal ook deel wees van die Suid-Kaapse gemeenskapsradiostasie Eden FM se veldtog om toerisme in die streek te bevorder. Eden FM besoek Oudtshoorn op 16 Desember om sy veldtog bekend te stel.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.