Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veldtog teen geslagsgeweld duur hele jaar in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse regering het vandeesweek met sy #OneVoice-veldtog teen geslagsgeweld begin om te verseker dat die kollig vir die hele jaar op geweld teen vroue en kinders sal wees.

Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Donderdag geëindig, maar die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het besluit om sy verbintenis teen geslagsgeggronde geweld reg deur die jaar voort te sit.

“Geslagsgegronde geweld is diep verskans in ons samelewing en baie mense beleef daagliks die trauma daarvan,” sê Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR van maatskaplike ontwikkeling.

Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Leanne Stander

Fernandez sê 23 672 mense het in die 2019-’20-boekjaar in die provinsie slagofferbemagtigingsdienste gebruik.

Daar was ook ’n toename in die vraag na sowel sielkundige as trauma-ondersteuningsdienste.

“Ons moet onsself daartoe verbind om uit te praat wanneer ons gewelddadige dade sien gebeur,” sê Fernandez.

Die departement het die aktrise Namisa Mdlalose betrek om te help om die stories van slagoffers van geslagsgegronde geweld te vertel.

“Ek is verkrag toe ek 15 was,” sê ’n 27-jarige slagoffer. “Ek was skaam oor wat met my gebeur het en het niemand vertel nie. Tik en alkohol was my ondersteuningsmeganismes,” sê sy.

’n Ander 33-jarige slagoffer vertel dat haar broer haar verkrag het. “Dit het begin toe ek sewe was en het aangehou tot ek 15 was,” sê sy.

“Ek het my familie vertel, maar niemand wou my glo nie. Die ergste van alles was my ma wat gesê het ek het my broer verlei.”

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling befonds 19 niewinsgewende organisasies wat spesialiseer in skuilingsdienste aan slagoffers van misdaad en geweld in kwesbare gemeenskappe. Nog ses skuilings vir vroue behoort aanstaande jaar gereed te wees.

“Ek moedig enigiemand aan wat geslagsgeweld ervaar, of wat daardeur geraak word, om hulp te vra en die pad na genesing te begin,” sê Fernandez.

Mense wat hulp benodig, kan die volgende nommers kontak:


• Die bevelsentrum vir geslagsgeweld: 0800 428 428 of *120*7867#

• Stop Misdaad by 0800 10111

• Die National Shelter Movement (24 uur hulplyn): 0800 001 005

• Die Human Trafficking Resource-hulplyn: 0800 222 777

• Die department van maatskaplike ontwikkeling se tolvrynommer by 0800 220 250

• of Childline by 0800 055 555


Meer oor:  Wes-Kaap  |  Vroue  |  Misdaad  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.