Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veldwagters help soek na ‘stroper’ se oorskot

Veldwagters van die Krugerwildtuin het Donderdag die familie van ’n vermeende stroper gehelp om van sy oorskot op te spoor.

’n Trop leeus het die man se oorskot opgevreet en net ’n skedel en ’n broek is op die toneel gevind.

Die wildtuin se media-afdeling sê in ’n verklaring die man se familie het hulle genader om te help soek na die lyk.

Volgens sy makkers was hulle glo Dinsdagaand in die wildtuin om ’n renoster te skiet toe ’n olifant hom naby Krokodilbrug doodgemaak het.

Die familie het Don English, streekveldwagter van Skukuza, Woensdag genader en gevra om hulle te help om die lyk op te spoor.

English het Woensdagmiddag ’n soekgeselskap gereël en ook met ’n lugsoektog begin. Die soektog is Donderdag voortgesit.

Intussen het die polisie in Komatipoort vier van die oorledene se makkers in hegtenis geneem en danksy inligting wat hulle verskaf het, is die lyk opgespoor.

Die polisie is ontbied en is tans besig met ’n ondersoek.

Die vier vermeende stropers is tans in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Oorskot  |  Veldwagters  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.