Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verbyganger kry man wat in boom hang

’n Verbyganger het Maandag in Welkom op die lyk van ’n man afgekom wat homself vermoedelik opgehang het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die man, in sy middel 30’s, het in ’n boom gehang met ’n gordel om sy nek.

Die verbyganger het die polisie ontbied.

Thakeng sê die man het ’n T-hemp met die Relay-handelsnaam, ’n grys denim en blou plakkies aangehad. ’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Die man is op ’n oop stuk veld in Volksweg, naby die Hoër Tegniese Skool Welkom gevind.

Die man se naasbestaandes is nog nie opgespoor nie.

Die toneel in Welkom waar ’n man vermoedelik homself opgehang het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Welkom  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.