Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verhoging van Tuinroetedam se oorloop in volle gang

Bouwerk om die oorloop van die Tuinroetedam in George in die Suid-Kaap te verhoog is in volle gang.

Die damwal van die Tuinroetedam in George soos gesien van die oorloop-konstruksieterrein.

Die bouterrein is Dinsdag amptelik deur Melvin Naik, George se burgemeester, op ’n sooispitgeleentheid geopen wat deur belanghebbendes bygewoon is. Die bouwerk het reeds op 13 Mei begin.

Volgens inligting van die George-munisipaliteit is die projek die eerste in sy soort in George en die Wes-Kaap. Die beplanning daarvoor het reeds in Desember 2008 begin.

Gegewe die onsekere impak van klimaatsverandering en die toekomstige uitbreiding van George is hy opgewonde oor die projek wat deel is van die Grow George-inisiatief, sê Naik in ’n verklaring. Volgens hom is die vergroting van die dam se opgaarvermoë ’n positiewe stap vir George se toekomstige ontwikkeling.

Die werk behels onder meer die verhoging van die oorloopstuwal, die struktuur wat vloedwater vrylaat om te keer dat dit oor die damwal vloei. By voltooiing van die projek sal die dam sowat 25% meer water kan opgaar.

Die nuwe oorloop se lengte sal sowat 80 m wees en wissel in hoogte tussen 3,7 m en 4,7 m (bo die bestaande grondvlakke).

Die boutydperk word steeds op tien maande geraam en die bouterrein bly weens veiligheidsredes vir die publiek gesluit.

Tydens die sooispitseremonie is van links Melvin Koopman (superintendent van watersuiwering, George-munisipaliteit), Michael Bennett (Sharples Environmental Services), Henry Jansen (adjunkdirekteur van water en sanitasie, George-munisipaliteit), Mark Rennie (eienaar van Khubeka Construction), John Sharples (Sharples Environmental Services), Alan Shelly (Aurecon), Niel van der Westhuizen (Aurecon), Mxolisi Nyakati (burgemeesterskomiteelid vir siviele ingenieursdienste, George-munisipaliteit), Gerrit Goliath (superintendent van watersuiwering, George-munisipaliteit), Melvin Naik (George se burgemeester), Piet Erasmus (Aurecon), Lindsay Mooiman (adjunkdirekteur van projekbestuurseenheid, infrastruktuurbeplanning en ondersteuningsdienste, George-munisipaliteit), Adrian van Molendorff (bestuurder van projekte, George-munisipaliteit), Regenald Wesso (direkteur van ingenieursdienste, George-munisipaliteit), Rifaat Olivier (Integrated Safety & Health Systems), en André Krige (Aurecon).

Meer oor:  Tuinroetedam  |  Melvin Naik  |  George  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.