Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Verhoog asseblief kindertoelaes, Cyril!’
Ter illustrasie: Kinders in ’n dagsorgsentrum in Heidedal.Foto: Charl Devenish

Die Universiteit van Kaapstad (UK) se Kinderinstituut het pres. Cyril Ramaphosa versoek om dringend te oorweeg om die kindertoelaag vir ses maande met R500 per maand te verhoog.

Kindertoelae beloop tans R445 per maand.

In ’n brief aan die president gedateer 3 April, skryf die instituut dis van kritieke belang dat die toelaag verhoog word om die impak van Covid-19 op kinders en gesinne te bekamp.

Die brief is onderteken deur ’n string besorgde akademici, leiers van die burgerlike samelewing en ander vennote van die instituut.

Prof. Shanaaz Mathews, direkteur van die Kinderinstituut, sê in die brief dat die kindertoelaag die eenvoudigste, vinnigste en mees doeltreffende manier is om geld aan miljoene arm huishoudings te bied wat moontlik voedselonsekerheid die hoof moet bied.

“Hierdie maatreël is van kritieke belang om die impak van die inperking op kinders en gesinne te verminder,” lui die brief.

Die instituut het gewaarsku hoewel dit belangrik is om die virus te beveg, sal dit armoede en werkloosheid onder inwoners verhoog.

“Suid-Afrika het reeds ’n baie hoë koers van armoede, werkloosheid en ongelykheid, en die gevolge van die staat van inperking op mense se werk en inkomste dreig om die dinamiek te vererger.

“ ’n Span kundiges wat opdrag gegee is om aan ’n ekonomiese reaksie op Covid-19 te werk, modelleer tans die moontlike gevolge van die inperking op spesifiek die informele sektor en die verdere uitwerking daarvan op armoedevlakke. Hulle skat huishoudings wat op die informele arbeidsmark staatmaak, sal swaarkry as voedselarmoede tydens die inperking verdubbel.”

Die instituut sê namate die erns van armoede toeneem, sal meer mense honger ly, insluitend miljoene kinders.

Volgens die instituut het Suid-Afrika reeds baie hoë syfers van armoede, werkloosheid en ongelykheid. Reeds voor die inperking het meer as 10 miljoen kinders kos ontvang deur middel van die skoolvoedingsprogramme.

“Die sluiting van skole en ontwikkelingsgeriewe beteken dat gesinne met kinders meer maaltye sal moet voorsien. Die stygings in voedselpryse het ook gesinne se begroting ingesluk en gedwing om minder voedsame kos te koop.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Toelaes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.