Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verkeer staan stil op R21 nadat taxi glo rol

Die verkeer op die R21 in Gauteng staan volgens motoriste feitlik stil nadat ’n taxi naby die Olifantsfontein-afrit glo gerol het.

Volgens Shawn Herbst van die Netcare 911-nooddiens, het Emer-G-Med-paramedici omstreeks 16:45 gereageer op die ongeluk naby die bekende St George's Hotel in Doornkloof Centurion.

Motoriste het op Twitter laat weet die verkeer staan in albei rigtings stil.

Die oorsaak van die ongeluk kon nog nie bevestig word nie, maar Herbst sê die toneel lyk asof die taxi beheer verloor het. 

Die Ekurhuleni-metropolisie het navrae na die Ekurhuleni-nooddiens verwys. Volgens Eric Maloka, woordvoerder van die EMS in Ekurhuleni, was die verkeer net na 19:00 nog baie swaar.

Netwerk24 probeer steeds die besonderhede van die voorval bevestig.

Motoriste word gemaan om die R21 te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak. 

Meer oor:  Olifantsfontein  |  Ongeluk  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.