Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verkeer vloei weer op N1 in Kaapstad
Die N1 by die R304-afrit na Klipheuwel in Kaapstad was Sondag vir ure gesluit toe ’n vragmotor daar omgeslaan het. Foto: Jaco Marais

Die N1 by die R304-afrit na Klipheuwel in Kaapstad is Sondagmiddag weer oopgestel vir verkeer nadat dit ure lank gesluit was.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het omstreeks 16:00 bevestig die hoofweg is weer oop nadat ’n vragmotor vroeër daar omgeslaan het.

Netwerk24 het vroeër berig dat niemand in die voorval beseer is nie, maar dat die verkeer weens die ongeluk erg ontwrig is.

Volgens Africa het die verkeer teen 16:00 weer normaal gevloei.

Africa kon nie die oorsaak van die ongeluk bevestig nie, slegs dat die vragmotor dwarsoor die hoofweg omgeslaan het.

Verkeer op die N1 was Sondagmiddag erg ontwrig toe ’n vragmotor by die R304-afrit na Klipheuwel in Kaapstad omgeslaan het. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  N1  |  Ongeluk  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.