Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verkeersman trap verkeerde Piesang vas

’n Prokureur van Noordwes het klagte van roekelose en nalatige bestuur en die versuim om ’n masker te dra teen ’n verkeersbeampte ingedien nadat dié man glo byna teen sy motor vasgejaag en later gedreig het om hom aan te rand.

Remza Mothupi

Johan “Piesang” Myburg en sy gesin was op pad huis toe ná ’n vakansie in Stilbaai, aan die suidkus. Myburg het by ’n kliënt stilgehou vir die ondertekening van dokumente.

Op die N8 tussen Bloemfontein en Ladybrand het hy ’n stadig bewegende motor verbygesteek toe ’n Volkswagen Golf GTI “teen ’n ooglopend gevaarlike spoed, met flitsende, blou ligte” agter hom verskyn.

“Hy het sy ligte geflikker en allerhande handseine gewys, maar het minder as ’n meter van my af bly ry,” sê Myburg. “Hy het sy stuurwiel gelos en, ooglopend geïrriteerd, sy hande geklap om my aan te jaag. Onder die indruk dat hy op pad was na ’n noodgeval het ek so gou moontlik verbygegaan en teruggegaan na die linkerbaan.”

Toe die amptenaar hom verbysteek het hy steeds geïrriteerd in Myburg se rigting beduie, waarop Myburg vir hom die middelvinger gewys het “omdat sy optrede onaanvaarbaar was”.

Toe Myburg en sy gesin ’n rukkie later by ’n vulstasie stilhou om koeldrank te koop, was dieselfde Golf na bewering ook daar om brandstof in te gooi. Myburg het sy masker aangesit en na die verkeersbeampte gestap om te vra “hoekom hy soos ’n poephol ry”.

Volgens Myburg het die amptenaar, ene Remza Mothupi van die Lengau-verkeersafdeling in Bloemfontein, sonder ’n masker aan met die petroljoggies gesels.

Johan Myburg

“Toe spring hy uit sy motor, hou sy vinger voor my neus en dreig om my aan te rand. Hy was woedend omdat ek gevra het hoekom hy my en my passasiers se lewe vir geen ooglopende rede nie in gevaar stel.”

Myburg beweer Mothupi het weer gedreig om hom aan te rand en toe die prokureur hom daaraan herinner dat dit waarskynlik op kringtelevisiekameras vasgelê sou word, het hy gedreig om hom weens die ondermyning van sy gesag in hegtenis te neem.

“Ek het vir hom gesê ek sal hom vir dié inhegtenisneming dagvaar.”

Volgens Myburg het Mothupi gesê hy word deur die wet “vrygestel van die padverkeerswet”.

“Ek het vir hom gesê ek is ’n prokureur en hy praat nonsens. Toe ek vra of hy ook vrygestel is van die dra van ’n masker, het hy weer gedreig om my aan te rand, maar is nietemin terug na sy motor.”

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het eergister by navraag gesê sy het die kwessie na die hoofdirekteur van die verkeersafdeling verwys en wag op terugvoering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.