Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verken Gauteng in dié tyd

Valskermspring, ’n vlug in ’n lugballon oor die Magaliesberge, voëlkyk en ’n besoek aan geskiedkundige museums is net enkele ervaringe wat die Gautengse toerismebedryf vir sy inwoners bied.

Die Dinokeng-reservaat buite Pretoria is weer oop vir die publiek. Foto: Franco Megannon

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Donderdag verslapte regulasies aangekondig wat mense sal toelaat om vir plesier te reis. Dit kan wel uitsluitlik binne die grense van jou eie provinsie wees.

’n Olifant in die Dinokeng-reservaat buite Pretoria wat die publiek nou weer kan besoek. Foto: Lisa Hnatowicz

Volgens Barba Gaoganediwe, woordvoerder van die toerisme-owerheid in Gauteng, is daar iets vir almal om in die provinsie te doen – dit hang net af waarvoor jy die dag lus het!

“Dit is onmoontlik om verveeld te wees en nie te weet wat om te doen nie,” sê hy.

“Dit is belangrik vir almal om hul provinsies te begin ken en toeriste in hul eie ‘agtertuine’ te word. Sodra ons weer na ander provinsies mag reis, maak ons staat op die mense in Gauteng om ons kampioen-gashere te wees en mense rond te wys.”

’n Luiperd in die Dinokeng-reservaat buite Pretoria wat die publiek nou weer kan besoek. Foto: Franco Megannon

Gaoganediwe sê dit kan ook nuwe sakegeleenthede vir mense skep wat ’n liefde daarvoor ontwikkel, soos om ’n toergids te word.

Die Botaniese Tuin in Pretoria maak Maandag weer sy hekke oop vir die publiek. Foto: Deaan Vivier
Die Botaniese Tuin in Roodepoort is weer van Maandag oop vir die publiek. Foto: Brenda Muller

Hy verduidelik dat sommige plekke soos die Wieg van die Mensdom buite Krugersdorp ook deel is van die skoolkurrikulum.

“Kinders sal dus ook kan leer, terwyl hulle nie tans skool bywoon nie.

Besoek dié plekke in Gauteng


• SAL-lugvaartmuseum by die Randse Lughawe in Germiston

• O.R. Tambo Cultural Precinct in Benoni

• Sandplankry in die ou mynduine in Benoni

• Watersportaktiwiteite op die Vaalrivier

• Riviera on Vaal Resort in Vereeniging

• Sharpeville Menseregte-monument

• James Hall-vervoermuseum in Johannesburg

• Hop On, Hop Off Bus in Johannesburg

• Johannesburgse valskermklub in Carletonville

• ’n Vlug in ’n lugballon van Bill Harrop’s Original Balloon Safaris oor die Magaliesberge

• Die Wieg van die Mensdom buite Krugersdorp

• Suikerbosrand-natuurreservaat vir stap by Heidelberg

• Voëlkyk in Soweto

• Dinokeng-reservaat

• Voortrekkermonument in Pretoria

• Botaniese Tuine

Meer oor:  Barba Gaoganediwe  |  Mmamoloko Kubayi-Ngubane  |  Gauteng  |  Verken  |  Provinsie  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.