Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verken Tuinroete per trein en help ’n kind

Wou jy nog altyd die Tuinroete verken?

Of het dié pragtige omgewing reeds jou hart gesteel en het jy geen oortuiging nodig om weer te gaan nie?

Verken die Tuinroete per trein en help terselfdertyd ’n kind wat swaarkry.

Nou kan jy dié wêreldbekende stukkie wêreld besoek en terselfdertyd ’n verskil maak in die lewe van ’n minderbevoorregte kind.

Die Beeld-Kinderfonds baat by JB-treintoere se toer van 1-6 September en jy kan nou jou plek bespreek.

Die toergroep reis vanaf Johannesburg na Port Elizabeth, via Vereeniging en Bloemfontein, met die Algoa-toeristeklastrein.

Passasiers kan op enige punt langs die roete opklim.

Vanaf Port Elizabeth reis toergangers per bus deur die Tuinroete en besoek onder meer Hankey, Plettenbergbaai, Knysna, Stormsriviermond, Oudtshoorn, Mosselbaai en George, vanwaar hulle terugvlieg na Johannesburg.

Gedurende die toer sal jy die pragtige fauna en flora, strande, berge en valleie waarvoor dié omgewing bekend is kan sien en gewilde plekke op die roete besoek of net ontspan.

Avontuurlustiges kan ook ’n reksprong-ervaring by die Bloukransrivierbrug meemaak en branders ry by Mosselbaai.

Daar is ook ’n bootvaart op die Knysnameer en jy kan op ’n “Railway trolley” in die Outeniekwaberge ry.

JB-treintoere doen moeite om nuwe besienswaardighede en weggesteekte skatte uit te snuffel.

Met hierdie toer is al jou reëlings getref – jy ry net saam en geniet dit teen die bekostigbare prys vanaf R11 200 per persoon. Verblyf is by luukse hotelle en lodges met ontbyt en aandete daagliks ingesluit. Die eenrigting-treinrit en die eenrigting-vliegkaartjie is ook ingesluit.

Kry jou volledige reisplan by JB-treintoere by 011 913 2442 of per WhatsApp by 060 859 7670, of stuur e-pos na info@jbtours.co.za.

Noem dat jou navraag is vir die Tuinroete-toer waarby die die Beeld-Kinderfonds baat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.